Listeriose – die siekte wat Suid-Afrikaners dink hulle nie sal kry nie

2018-02-22 06:01
FOTO: verskafHier kan duidelik gesien word hoe die bakterie (die rooi gedeelte) in ‘n mens se weefsel versprei.

FOTO: verskafHier kan duidelik gesien word hoe die bakterie (die rooi gedeelte) in ‘n mens se weefsel versprei.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WEENS die aard van my werk lees ek elke dag baie berigte oor gebeure oor die hele land. Wat my aandag getrek het, maar niks meer as dit nie, was die gereelde aankondigings van uitbrake van ‘n siekte genaamd Listeriose op plekke. Dis eers later toe bevestigde gevalle alhoe meer begin raak het, dat die besef ingesink het hier is iets aan die gang.

Ek het met mense om my begin praat oor die siekte. Die oorgrote meerderheid het nog nooit daarvan gehoor nie, en die wat wel het, se houding was “ons sal dit mos nie sommer kry nie.” Dieselfde as my eie siening. Ek het nogtans besluit om meer oor die siekte te wete te kom, en skielik besef enigiemand in die land kan dit kry indien hierdie persoon op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is.

Listeriose is potensieel lewensgevaarlik. Die presiese oorsprong van die siekte was teen die Fever se druktyd nog nie vasgestel nie, maar die vermoede is die meeste van die gevalle word veroorsaak deur die inneem van voedsel besmet met die bakterie listeria. Die moontlikheid is ook sterk dat voedselprodukte, waarskynlik ‘n gewilde reeks van een maatskappy, die oorsprong is. Die betrokke bakterie kom wydverspreid voor in gereed-om-te-eet-voedsel wat verbruikers koop sonder om dit warm te maak of te kook, soos koue vleis, gaar hoender, ongekookte of ongepasteuriseerde melk, sagte kaassoorte, groente, gerookte vis en sekere geprossesseerde kos.

Die Nasionale Instituut vir Aanmeldbare Siektes het verlede week bekend gemaak dat listeriose in daardie stadium reeds 107 sterfgevalle veroorsaak het. Die aantal bevestigde gevalle sedert die uitbreek van die siekte, was toe 852, 59% waarvan in Gauteng. Dertien persent van die gevalle was in Wes-Kaapland en 7% in KwaZulu-Natal.

Infeksie veroorsaak deur die listeria-bakterium lei tot gastro-enteritis, somtyds in ‘n baie erge graad. By mense met swak immuniteitstelsels kan dit lei tot breinvlies-ontsteking of septicaemia.

By verwagtende vroue kan listeriose miskrame, doodgebore babas, vroeggebore babas of breinvlies-onsteking by babas tot gevolg hê. Die bakterie listeria word ook oral in die omgewing gevind, byvoorbeeld in water en in grond. Dit beteken dat diere en groente enige tyd besmet kan word, en enigiemand kan listeriose opdoen. Sekere groepe is meer vatbaar vir siektes soos listeriose… bejaardes, pasgebore babas, verwagtende vroue en hul ongebore babas, en diegene met ander siektes soos HIV Vigs, suikersiekte, kanker, chroniese lewertoestande of niersiektes.

Die eerste gevalle van listeriose in Suid-Afrika is in 1977 opgeteken. Tussen Augustus 1977 en April 1978, is 14 gevalle in Johannesburg aangemeld. Sedertdien, het listeriose sporadies in die land voorgekom. Tussen Januarie 2015 en September 2015 is sewe gevalle in Wes-Kaapland aangemeld. Die siekte het egter oor die afgelope paar maande met rasseskrede toegeneem.

Belangrik om te weet is die bakterie listeria kan yskas-temperature van 4 grade Celsius oorleef.

Anders as ander siektekieme, kan die listeria-bakterie in besmette kos in yskaste groei. Om dit te verhoed, kan die temperature van yskaste laer as vier grade gestel word, en dié van vrieskaste laer as minus 18 grade.

Die inkubasietyd van die infeksie is tussen drie en 70 dae. In gesonde volwassenes, is die simptome gewoonlik matig, met koors, somtyds naarheid en maag-ongesteldheid. Die inkubasietyd van die siekte maak dit baie moeilik om die bron van die infeksie te bepaal omdat die pasiënt waarskynlik teen daardie tyd tientalle maaltye op verskillende plekke en van uiteenlopende aard gehad het.

Die Instituut wys daarop dat daar geen entstof is wat die siekte kan verhoed nie. Die beste voorkoming is basiese goeie higiëne, veilige voedsel-voorbereiding en –berging.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Aaron Motsoaledi, het onlangs verklaar die regering vermoed die huidige toename in gevalle van listeriose is veroorsaak deur besmette voedsel van sekere plase af, en voedsel-verwerkingsaanlegte. Niemand weet egter nog watter produkte betrokke is, of waar die plase of aanlegte is nie. Hy het die versekering gegee alles wat moontlik is, word gedoen om die siekte hok te slaan. “Onderwyl ons met die ondersoek besig is, volg die Wêreld-Gesondgeidsorganisasie se voorskrif: Was jou hande voordat jy met kos werk en tydens die voorbereiding. Moet asseblief nie moeg word om jou hande te was nie. Selfs meer as honderd keer per dag. Doen dit asseblief!”, het hy gevra.

Intussen moet ons as gewone burgers onthou enigeen van ons kan listeriose opdoen, en baie kieskeurig en oplettend wees wanneer ons verwerkte voedsel koop. En natuurlik ons hande was.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

To smoke or not to smoke

2018-08-19 10:09

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.