Littekens

2016-06-23 06:00


SOMMIGE van ons het nog littekens oorgehou van ons kinderjare. As mens so af en toe die dowwe litteken raaksien dan onthou jy toe jy met jou nuwe fiets geval het en hulle steke moes insit. Of dalk die keer toe hulle jou blindederm uitgehaal het. Daar is natuurlik ander littekens waarmee mens nie graag spog nie. Party littekens is erger as ander. Jy spog nie daarmee nie.

Soos littekens na ‘n motorongeluk waarin jy dalk ‘n geliefde verloor het of een van jou ledemate. Daar is littekens van die siel. Dit is die littekens wat gelaat is as gevolg van jare se gespot of aftakeling. Teleurstelling laat ook littekens op jou gees. Dan is daar ook die littekens wat op ons gelaat is vanweë ons eie sonde of foute. Ons worstel nogal met daardie littekens.

Die Bybel sê in 2 Korintiërs 4:7 dat die Christenmens maar soos ‘n kleipot is wat maklik breek. Die mens is broos en breekbaar. Op die oog af lyk dit nie so nie. Ons staar ons blind teen die wat sterk en onaantasbaar lyk. Christene leer die Bybel is soos kleipotte wat maklik breek. In Bybelse tye is kleipotte met groot sorg en kunstigheid vervaardig.

Die potte moes allerhande kosbaarhede soos meel of bootjies of water berg. Die beroemde Qumran geskrifte het amper 2000 jaar behoue gebly in sulke kleipotte, welliswaar ook bewaar deur die hitte van die woestyn.

Jesus Christus was ook soos ‘n kleipot wat maklik breek. Hy is inderdaad gebreek.

In Getsemane en op Golgota word Hy in ons plek verbrysel, ter wille van ons sondes is hy deurboor. Hy dra die littekens van die spykers en die doringkroon, sodat die wat in Hom glo as Here en Verlosser, kan heel word.

Moet nie dat die stamp en kneusplekke van die lewe jou onderkry nie. Al word jy verdruk, jy hoef nie teneergedruk te wees nie. Al is jy op die grond neergegooi, jy is nie vernietig nie. Jy is met krake al die draer van ‘n kosbare skat - die goeie nuus dat gebrokenes heling kan vind by die Groot Geneesheer, Christus die Here.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.