Matriekdanse: moet hulle afgeskaf word?

2017-05-11 06:01
FOTO: verskafDeesdae word geen koste ontsien om matrieks so spoggerig as moontlik te laat lyk op matriek-afskeidsgeleenthede nie. Maar word dit nou nie heeltemal oordoen nie?

FOTO: verskafDeesdae word geen koste ontsien om matrieks so spoggerig as moontlik te laat lyk op matriek-afskeidsgeleenthede nie. Maar word dit nou nie heeltemal oordoen nie?

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE seisoen vir matriekdanse – of akskeidsgeleenthede het reeds aangebreek, en weereens duik die vraag op: is hierdie geleenthede nog wat hulle veronderstel is om te wees?

‘n Sosiale geleentheid en ‘n mylpaal in ‘n jongmens se lewe waar hulle totsiens sê aan hul skoolloopbane en –vriende, baie van wie hulle na die eksamens nooit weer sal sien nie? Of het dit ontaard in byeenkomste waar ouers met mekaar meeding om hul kinders te laat uitstaan bo die ander met peperduur ontwerpersklere en spoggerige motors, selfs helikopters, as vervoer?

Die uwe weet van gevalle in Gauteng waar vuurwaens soos Ferraris en Lamborghinis, spesiaal-gemaakte nommerplate met die name van die paartjie daarop, en selfs helikopters gehuur word teen astronomiese tariewe, as vervoer na en van die matriek-afskeid. Hier in ons eie omgewing word fortuine bestee aan ontwerpersrokke, soms twee (een vir die afskeids-geleentheid en een vir die “after-party), haarkappers, skoonheidsdeskundiges en wie ookal om pa en ma se poplap te laat uitstaan bo die ander. Die matriekseuns word ook nie afgeskeep nie. Snyerspakke en –hemde wat Malusi Gigaba sal jaloers maak en nuwe skoene duurder as die eerstejaar- studiegeld op universiteit, is algemeen.

Die voorstanders van die groot bederf met die matriekdans of –afskeid sê dis ‘n eenmalige geleentheid in ‘n jongmens se lewe, en indien die ouers dit kan bekostig, waarom nie? Indien die ouers dit wel kan bekostig, ja. Maar daar is talle gevalle, ook in die uwe se familie, waar die ouers dit nie kan bekostig nie, maar wel die astronomiese skuld aangaan “want ons wil nie hê ons kind moet minderwaardig voel nie”. Wat natuurlik ‘n geldige argument is, want wat gebeur met die matrieks wie se ouers dit nie kan bekostig nie, of uit beginsel nie soveel geld wil uitgee op ‘n matriekdans nie? Tensy hulle kinders baie volwasse in hul uitkyk op die lewe en goed deur die ouers perspektief gegee is oor wat wel saakmaak en wat nie, gaan daar beslis matrieks wees wat minderwaardig voel.

Volgens ouers was daar gevalle waar meisies nie uitnodigings aanvaar het om ‘n seun se metgesel te wees nie, omdat die meisies liewer saam met die seuns wil gaan wie se ouers bv. die spoggerige motors kan bekostig, sodat hulle sodoende meer in die kollig kan wees.

Die teenstanders van die groot bederf, waarvan die uwe een is, meen die matriek-afskeidgeleenthede moet behoue bly, maar in ‘n heeltemal afgeskaalde format, met streng voorwaardes oor kleredrag.

Daar is selfs mense wat voel die matriekdanse moet afgeskaf word, enersyds omdat dit inbreuk maak op hul voorbereiding vir die eksamen, veral in die tweede helfte van die jaar, en andersyds omdat dit dikwels ontaard in drank- en dwelmmisbruik, veral op die sg. “afterparty” na die amptelike skoolfunksie.

Oor die jare het talle matrieks gesterf in motor-ongelukke op pad huis toe na die “after-party”. Hier by ons was daar enkele jare gelede so ‘n noodlottige ongeluk op die brug oor die Uvongorivier.

Verlede jaar was daar ‘n groot herrie toe die onderwysdepartement van KZN besluit het matriekdanse moet tot November uitgestel omdat dit ‘n ontwrigtende invloed op die leerlinge se studies gehad het. ‘n Woordvoerder het gevra dat die formaat van die afskeidsgeleenthede in die toekoms hersien word. Talle skole het hulle nie hieraan gesteur nie, en tot dusver was daar nog geen reaksie van die onderwysdepartement nie , en gaan skole voort om die geleenthede te reel. Uit gesprekke met verskeie ouers hier op die Suidkus, is dit duidelik hoewel daar groot steun vir matriek-afskeidsfunksies in die huidige formaat is, is daar talle ouers wat baie bly sal wees indien die aard daarvan gewysig word.

Of as dit selfs afgeskaf word. Nie noodwendig omdat hulle dit nie kan bekostig nie, maar bloot om beginselredes.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.