Meelewing

2016-06-30 06:00

IEMAND gaan deur ‘n moeilike tyd en dan hoor mens dat vir so iemand gesê word: “Ek voel saam met jou,” of, “Ek weet waardeur jy gaan.” Weet ons regtig? As ons nog nie ‘n kind aan die dood afgestaan het nie, weet ons regtig wat dit is?

As ons nog nie self met ’n alkoholis moes saamleef nie, weet ons regtig hoe dit is? Kan ons regtig in ander se skoene staan en met hulle saam voel, dinge vanuit hul perspektief sien, of voel ons net jammer vir mense? Jammerte is dikwels net daardie gevoel van ongemak as ons sien iemand gaan deur ‘n baie moeilike tyd. ‘n Mens kan simpatie hê met iemand sonder dat dit jou regtig raak. Jy kan byvoorbeeld simpatie hê met honderdduisende hongerlydendes, maar eers as jy een van hulle leer ken het, kan jy regtig begin om te verstaan wat dit is om honger te wees.

Jesus Christus kan werklik met ons empatie hê, met alles wat ons deurgaan in die lewe, kan Hy meeleef. Hy het in ons skoene kom staan. Hy leer ons wat dit is om met Sy oë na ander se leed en smart te kyk. In Johannes 11:35 staan daar geskrywe: “Jesus het gehuil.”

Letterlik staan daar dat Hy in trane uitgebars het. Hy het werklik empatie getoon. Hy was van God en mens verlate dat ons nooit verlaat sal word nie.

Ons kan maar, soos Marta en Maria van die teks, na Hom toe neem wat ons ookal strem in die lewe. Hy verstaan. As mense jou teleurstel, die Here sal nie.

Jy mag maar jou hart voor Hom uitstort. Die Here sal eenmaal al die trane van ons oë afvee (Openbaring 21:4).

Dan sal daar geen smart meer wees nie, want die dood sal nooit weer sy sekel kan insteek en afoes nie. Tot dan, bid dat jy met Jesus se oë na ander sal kyk.

Dit lei tot ware meelewing.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.