Menseregte

2018-07-05 06:00

WIE het nog nie daarvan gehoor nie? Daar word gesê dat mens die reg het op lewe, maar word dit nie gebalanseer deur die reg van mense om hulself te beskerm nie?

Daar word gesê dat mens die reg het op besittings, maar dit impliseer mos dat diefstal in selfs die mees verfynde vorm, verkeerd is.

Ons almal het die reg op skoon water, maar beteken dit dan nie dat ons almal die water nie moet besoedel nie? Die Bybel vertel ons in Matteus 21:33-46 van Israel, ’n volk wat geweldig bevoorreg was.

Hulle was soos ’n wingerd wat goed versorg en beveilig was. Die doel was dat hulle soos die wingerd soet druiwe moes dra wat die wêreld sou seën.

Israel het die verantwoordelikheid gehad om God se goeie nuus vir die wêreld te wees. Hierin het hulle gefaal.

God het hulle vertrou om lig vir die nasies te wees. Dit was hul verantwoordelikheid om die wêreld en hul gemeenskap te seën.

Hiervoor het God hulle besonders bevoorreg. Lees maar gerus die bedieninge van die profete Jesaja en Jeremia in die Bybelboeke wat na hulle vernoem is

. God het Israel begenadig in ’n land wat oorgeloop het van melk en heuning. Toe hulle die armes verdruk en hul medegelowiges sleg bly behandel, het God Sy profete na hulle toe gestuur om hulle te waarsku. Hulle was egter nie leerbaar nie, maar het hardkoppig gebly. Dit bly egter ’n feit soos ’n koei dat elke mense verantwoordelikheid moet neem vir sy eie doen en late. Jy kan nie die skuld vir jou indiskresie of nalatigheid op ander pak nie. Israel het net regte opgeëis.

Daar was geen verantwoordelikheidsbesef by hulle nie. Uiteindelik maak hulle God se laaste en finale profeet Jesus Christus, wat hul teruggeroep het na God toe, dood.

Dink bietjie na oor jou eie posisie. Is Christus jou enigste troos en hoop in lewe en in sterwe?

Woon jy in ’n huis? Verdien jy elke maand ’n goeie salaris of ontvang jy ’n goeie pensioen?

Geniet jy goeie gesondheid en toegang tot goeie hospitale?

Dan is jy bevoorreg bo baie ander. Watter verantwoordelikheid neem jy om jou gemeenskap te seën?

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.