Mnr en Mev Douglas Mitchell

2017-07-13 06:02
Attie en Marieta Horn, ‘Mnr en Mev Douglas Mitchell’.FOTO: johan pretorius

Attie en Marieta Horn, ‘Mnr en Mev Douglas Mitchell’.FOTO: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HIER aan die Suidkus is daar egpare en individuele persoonlikhede wat om verskeie redes oor ‘n tydperk deel van die gemeenskap geword het, en aan feitlik almal bekend is.

Ons het reeds oor van hulle in hierdie rubriek geskryf, en vandeesweek is dit die beurt van Attie en Marieta Horn wat sedert 2010 die eienaars is van die Douglas Mitchell sportklub en restaurant in Uvongo, beslis die bekendste, grootste en gewildste sportklub-kuierplek tussen Durban en Oos-Londen.

Marieta en Attie het hom binne sewe jaar opgebou en omskep tot ‘n gesinsvriendelike kuierplek en sportklub soos min.

Dougies, soos die klub algemeen bekend staan, is vernoem na die politieke strydros van die destydse Verenigde Party uit hierdie geweste wat groot agting by almal afgedwing het, ook by sy politieke opponente. Die klub is die hoofkwartier van die South Coast Warriors-rugbyspan, en verskeie ander sportsoorte het ook ‘n tuiste hier.

Die sestigjarige Attie is in Pretoria gebore, het in Lyttelton skoolgegaan, en op Tukkies in die regte gegradueer. Pleks van in die Weermag sy diensplig te doen, was hy drie jaar lank in die Polisiediens in Walvisbaai. Hy het hom hierna by Stannic in Krugersdorp as ‘n regsverteenwoordiger aangesluit, en is later na Pinetown verplaas.

In 1989 gaan hy Bankfin toe, en word die volgende jaar na Port Shepstone gestuur waar hy gespesialiseer het in motorverkope. As bestuurder van die Bankfin-tak, het Attie ‘n huishoudelike naam aan die Suidkus geword.

Hy koop in 2006 ‘n bekende motorwas- en kroeg-onderneming in Margate, wat hy intussen verkoop het, en in 2008 die kuierplek “The Cove” in Uvongo, wat hy nog steeds besit.

In 2010 skaf hy die Douglas Mitchell-klub en kuierplek aan, en tree in 2014 uit met vroeë pensioen.

Attie was vir die grootste deel van sy lewe ‘n alleenloper, en hy en Marieta het mekaar ses jaar lank goed geken. ‘n Ete by die Spur in Margate het een aand “verander van ‘n hegte vriendskap skielik in ‘n permanente verhouding,” vertel hy. Hulle is toe getroud. Marieta was in haar lewe deur moeilike tye, maar met blote wilskrag en deursettingsvermoë het sy groot struikelblokke oorkom.

Sy is twee jaar jonger as Attie, en op Klerksdorp gebore, waarna sy haar skoolloopbaan aan die Hoër Volkskool op Potchefstroom voltooi het. Sy is destyds getroud, en die gesin het in 1986 na Umtentweni verhuis.

Sy het twee kinders, Adjani en Johdan, wat albei hul eie suksesvolle ondernemings het. Haar huwelik het egter skipbreuk gely.

Marieta, wat oor jare uitgebreide ondervinding in die gasvryheidsbedryf bedryf opgebou het, het die destydse Bedford Pub in Port Shepstone gekoop. Hierna was sy betrokke by die Cycad-restaurant, en ook by die Margate-Sportskool. Sy en Attie was van die begin af “soul mates”, en hulle is in 2000 getroud.

“Hy is my boetie,” vertel sy, “ons weet alles van mekaar af.”

Marieta het ernstige gesondheidsprobleme oor ‘n tydperk van vyf jaar gehad, waaroor sy nie graag praat nie, behalwe om te sê dat sy vasgebyt en daardeur gekom het. Haar leuse in die lewe - “Aanhouer wen. Ek baklei vir wat ek wil hê, en gaan nie sommer lê nie. Daarbenewens, geniet ek wat ek doen.”

Attie het baie lof vir Marieta se deursettingsvermoë, want sy is deur ‘n “ontsettend moeilike tyd”. Oor sy eie eie en besigheidsfilosofie is hy baie beslis, veral wanneer dit te doen het met die gasvryheidsbedryf.

“Jou diens moet goed wees. Daarbenewens moet jy jou voorraadvolume baie goed beplan, jou perseel moet netjies en skoon en verbruikersvriendelik wees, met jou kos topgehalte en goeie waarde vir geld.”

Attie glo vas dis een van die redes vir Dougies se welslae. Hy wys daarop dat vroue nie juis saam met hul mans klub toe gekom het totdat hy die vroue-toilette opgeknap en vernuwe het nie.

“Nou het ons baie meer vroue-kliënte wat saam met hul gesinne hierheen kom. Ek wil die mense van die Suidkus en vakansiegangers bedank wat ons oor die jare so ondersteun het. Sonder hulle steun sou ons nie so suksesvol gewees het nie.”

Attie en Marieta Horn - ons hoop hulle sal nog lank Mnr. en Mev Dougies wees.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.