Muthi-moorde: Skokkende feite

2018-10-25 06:00
FOTO: verskaf Mense met albinisme se liggaamsdele is uiters gesog onder sekere tradisionele genesers, en talle van hulle is reeds vermoor of het net spoorloos verdwyn.

FOTO: verskaf Mense met albinisme se liggaamsdele is uiters gesog onder sekere tradisionele genesers, en talle van hulle is reeds vermoor of het net spoorloos verdwyn.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


DIE Suidkus is twee weke gelede geskok toe ‘n man in Margate in hegtenis geneem is waar hy in ‘n motor gesit het met ‘n emmer vol stukke van ‘n mense-liggaam. Dalk liggame. Die polisie het ‘n wenk gekry, en het op die man in Marine-rylaan toegeslaan. Hulle het die man, wat in tradisionele gedrag geklee was, gekonfronteer en daarop aangedring om die voertuig te deursoek. In die emmer het hulle ‘n menskop, ‘n hand, lyf en ander liggaamsdele gekry wat in baie klein stukkies gesny was. Die man het bevestig dis menslike liggaamsdele, en daarop aanspraak gemaak dat hy ‘n tradisionele geneesheer in Margate is. Blykbaar het ander tradisionele geneeshere en sangomas alarm gemaak toe hulle hoor die man wou liggaamsdele teen R4 000 vir muti verkoop. Hy is in hegtenis geneem, en word verdink van misdade elders in die provinsie. DNA-toetse word gedoen om die oorsprong van die liggaamsdele te probeer vasstel.

Verskeie erkende tradisionele genesers het intussen hulle weersin uitgespreek, en verklaar dat hulle totaal gekant is teen die gebruik van menslike liggaamsdele. Maar ten spyte van hierdie ontkennings, word algemeen aanvaar dat sogenaamde muthi-moorde algemeen voorkom, blykbaar omdat daar talle ‘nie-amptelike’ tradisionele genesers of sangomas is wat hulle eie reëls het. Oor die afgelope jaar alleen was daar deur die land verskeie gevalle waar kinders verdwyn het en liggaamsdele by tradisionele genesers gevind is. Dit is op die oomblik baie moeilik om vas te stel presies hoeveel sg. muti-moorde gepleeg word, maar onlangse opnames toon dit kan tot 300 per jaar wees. Daar word gevrees dat baie van hierdie moorde nie aangemeld word nie. Die meeste van die moorde word in die landelike gebiede gepleeg, met aanduidings dat Limpopo die provinsie met die meeste sulke misdade is.

Sowat tien jaar gelede het ‘n senior lid van die Polisie se Ondersoekende Sielkunde-eenheid se navorsing getoon dat ‘n moordenaar gewoonlik deur ‘n tradisonele geneser genader word en dan ‘n ‘bestelling’ ontvang. Die moordenaar word haarfyn verduidelik hoe om die liggaamsdele te verwyder, en ingelig dat die dele verwyder moet word terwyl die slagoffer nog lewe, want dan is die medisyne ‘sterker’. Hoe jonger die slagoffer hoe beter. Tradisionele genesers wat hierby betrokke is, werk nie almal van dieselfde ‘teksboek’ af nie. Hierdie metodes word in die uiterste geheimhouding mondelings van die een geslag na die ander oorgedra, en die proses verskil dikwels van geneser tot geneser en streek tot streek. Die verskillende liggaamsdele word om verskillende redes gebruik. ‘n Vrouebors is bv. ‘n bron van ‘moedergeluk’. Hierdie muthi sal glo klante vir jou besigheid verseker. Geslagsdele word vir viriliteit voorgeskryf. Keelbloed is ‘n belangrike komponent en word opgevang wanneer die keel afgesny word. Hande is ook goed vir jou sake-onderneming, want hulle roep ‘simbolies’ mense en ontvang geld. Maagvet of niere bring glo groot geluk, en is baie gewild in Venda.

Sowel urine as sperm sal glo groot geluk bring. Die slagoffer se brein kan gebruik word om iemand baie intelligent te maak. ‘n Tong verseker maklike toegang tot die hart van ‘n vrou. Oë bring versiendheid, en ‘n Adamsappel sal verseker dat ‘n mens wat teen ‘n ander wil getuig, sal swyg.

‘n Projek van die Universiteit van Lancaster in Brittanje, Kanadese en Tanzaniese navorsers in 2015 toon daar was in daardie stadium reeds 148 moorde en 232 aanvalle op mense met albinisme in 25 Afrikalande. Muthimoorde is natuurlik ook algemeen in ander Afrikalande. Veral mense met albinisme is gesog, ook in ons land, hoewel nie so algemeen as in ander Afrikalande nie. Omdat hulle toenemend geteiken word, is hulle bang om iewers heen te loop, reis of alleen te bly. ‘n Onlangse berig uit New York lui dat die Verenigde Volke se Raad vir Menseregte spesiale aandag aan die saak gee.

Bg. is ‘n oppervlakkige oorsig van muthimoorde, en daar bestaan geen twyfel nie dat die voorkoms baie erger as wat vermoed word. Mense wat van hierdie moorde en verwante aktitiwiteite weet, swyg soos die graf want hulle is om ooglopende redes bang.

Dit sal interessant wees om te sien wat uiteindelik bekend word wanneer die Margate-verdagte se saak in die hof beland. Skrikwekkende getuienis is juis oor die afgelope paar jaar in etlike soortgelyke hofsake in Suid-Afrika gelewer. Weereens die vraag: Hoe word dit gestop?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.