‘n Lewe sonder diepte

2017-12-21 06:00

HOEVEEL diepgang is daar nog in ons besige lewens? ‘n Lewe sonder diepte kan die gevolg wees van gejaagdheid, besig wees, die soeke na kitsresultate, ‘n oorvol dagboek, ensomeer. Dit neem tyd om iets behoorlik deur te dink.

Dit neem tyd om aan ‘n verhouding te werk. Op geestelike gebied ruim ons nie altyd die tyd in om na God te luister nie.

Jesus vertel in Matteus 13:1-9 ‘n gelykenis om die verskillende tipe ore te illustreer waarmee mense na Sy boodskap (die goeie nuus) luister. Onthou dat dieselfde boodskap, hetsy in ‘n geestelike boek, die Bybel of ‘n preek, na mense toe kan kom.

Dis dieselfde saad wat gesaai word, maar die ontvangers (hoorders) se reaksie verskil.

Sommige mense se harte bly maar verhard en geslote. Vooroordeel, trots, seerkry, ‘n immorele lewe, onverskilligheid, is alles redes waarom mense se harte geslote bly. (Sien Matt 13:18-23).

Ons vind altyd wat ons verwag om te vind. As ons niks verwag nie, vind ons niks. Ander weer se harte is soos klipbanke. Hulle is gou om in te koop op ‘n nuwe idee. As die opwinding van die nuwe ervaring verby is, beweeg hulle egter aan. Ander weer se harte is soos ‘n bedding wat toegegroei is deur die onkruid.

Hulle het so baie dinge wat hul aandag vra dat die belangrike dinge op die agtergrond verdwyn. Jy word te besig om te bid, te besig om te vra of jou lewe ander seën, te besig om te dink daaraan dat jy dalk vandag kan sterf.

Dan is daar die mens wie se hart soos goed voorbereide landbougrond is. Hulle is leerbaar en is oop vir oortuiging. Hulle ruim tyd in om na te dink oor wat hul gehoor het. So iemand is bereid om wat hy gehoor het sy eie te maak. Hy sit dit wat hy gehoor het om in dade. Dit is natuurlik waar van enigiets in die lewe, maar gegewe die gelykenis, veral dan ook waar t o v die reaksie op die goeie nuus wat Jesus verkondig.

Mag die Here Sy lewegewende Woord diep in ons harte plant. Dan sal ons lewens diepte hê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.