Nog ‘n oorwinning vir die iSimangaliso-vleiland

2016-09-01 06:00
Die terrein in die iSimangaliso-vleiland waar onwettige bouwerk ingevolge ‘n hof-uitspraak verbied is.  Foto: verskaf

Die terrein in die iSimangaliso-vleiland waar onwettige bouwerk ingevolge ‘n hof-uitspraak verbied is. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN nog ‘n positiewe verwikkeling vir die iSimangaliso-vleiland in Noord­-KwaZulu-Natal, het die Hooggeregshof in Pietermaritzburg ‘n eiendomsgroep en twee kopers op die oewers van die park se Mgoboseleni-meer by Sodwanabaai gelas om pad te gee.
Hulle het aangehou met vakansiehuis-boubedrywighede ten spyte daarvan dat hulle vroeër gelas is om die ontwikkeling te staak, en moet teen 31 Desember van die terrein af wees. In wat beskou word as ‘n mylpaal- besluit het regter Regter Dhaya Pillay het hulle ook gelas om die gebied te rehabiliteer. Barbara Cole van “Independent Online” berig die regter se uitspraak was in die guns van die iSimangaliso-vleilandowerheid en KZN se Luk vir Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake, teen ‘n konsortium wat bestaan uit die Feasey-eiendomsgroep, Matayo Trading, Vusisiwe Technical Operations, Geoffrey Clifford Little en twee kopers, Don Chandler en Johan Viljoen.
iSimangaliso se hoof-uitvoerende beampte, Andrew Zaloumis, het gesê die uitspraak bevestig dat die Wêreld-erfenisgebied en bestuurder van die nasionale park gesag en jurisdiksie het in buffersones om die park. “Dit is ‘n groot oorwinning vir die omgewing.” ‘n Buffersone val buite die geproklameerde grens van ‘n park, maar is ‘n bykomende strook beskerming vir belangrike komponente van biodiversiteit. iSimangaliso was die eerste wêreld-erfenisgebied wat ‘n buffersone gevestig het kort nadat dit in 1999 deur Unesco gelys is.
“Hierdie beskermings-aksie is ‘n noodsaaklike stap deur iSimangaliso om sy verpligtinge teenoor Unesco en die mense van Suid-Afrika na te kom ter beskerming van sy ‘wêreld-juweel’,” het Zaloumis gesê.
Die Feasy-eiendomsgroep het beplan om 512 vakansiehuise op die oewer van die Mgoboseleni-meer te bou. Sowel die meer as die omliggende ongerepte wildernes is integrale dele van die wêreld-erfenisgebied, en die Mgoboseleni Estuary is ‘n uiters belangrike kweek- en teel-area vir estuaries-afhanklike marine spesies.
Krokodille en seekoeie gaan ook soontoe om aan te teel, en die park is die tuiste vir 467 bedreigde spesies. iSimangaliso het met die eiendomsgroep gekommunikeer sedert 2010, toe die ontwikkeling voorgestel is. Hulle is ge-adviseer dat hulle eers die nodige toestemming moes kry, wat ‘n omgewing-impakstudie ingesluit het. Hulle het iSimangaliso se insette egter geïgnoreer en voortgegaan om erwe aan die publiek te verkoop. Later, in 2014, het twee kopers met bouwerk begin. Die maatskappy en kopers het kennis gekry dat hulle die ontwikkeling moet staak, maar het hulle nie daaraan gesteur nie, en iSimangaliso het in Desember 2014 met ‘n regsaak begin.
Tussentydse bevele is uitgereik en in Maart en Desember, sowel as in Maart vanjaar, is bevestig dat geen verdere ontwikkeling of verkope mag plaasvind nie. Die saak is gefinaliseer toe die regter haar beslissing gegee, en die ontwikkelaars beveel het om die regskoste van die iSimangaliso-vleilandpark te betaal. Zaloumis sê ongemagtigde ontwikkelings in en om die park is ‘n groot risiko vir die hele park en sy status as wêreld-erfenisgebied.
“Die aksies van een onwettige ontwikkelaar is onberekenbaar. Dit is die dun kant van die wig. Die kumulatiewe impak plaas die park se status as wêreld-erfenisgebied in ernstige gevaar.”
Hy het bygevoeg die regsaksie was nie gemik om die regte van mense wat geskiedkundige en legitieme regte het weg te neem nie, maar “om mense te verwyder wat ander se regte onwettig aan hulself wil toeken”.
- Independent Online.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.