Nudismestrand nou finaal van die baan?

2017-11-23 06:00
FOTO: verskafDie vestiging van ‘n nudistestrand op die Suidkus vir alle praktiese doeleindes gekelder.

FOTO: verskafDie vestiging van ‘n nudistestrand op die Suidkus vir alle praktiese doeleindes gekelder.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ONS sal moet wag en sien wat die Ray Nkonyeni-munisipaliteit gaan doen ná die verslag van die Openbare Beskermer waarin bevind is dat die munisipaliteit nie die korrekte prosedures gevolg het deur toestemming te gee vir die vestiging van ‘n nudistestrand op Mpenjati nie.

Die verslag, is verlede week bekend gemaak meer as ‘n jaar nadat die sogenaamde Concerned Citizens Group by die Beskermer beswaar gemaak het oor die vestiging van die strand, gegrond op godsdiens-, maatskaplike en regsredes.

Die Beskermer het bevind die munisipaliteit het die proses verkeerd-om gehanteer deur eers sy eie verordeninge te wysig voordat hy die aansoek by die provinsiale Department van Omgewingsake en Ezemvelo ingedien het.

Die verslag lui die munisipaliteit het dus sy eie beleid verslap sonder om dit formeel te verander, en dus self die verordeninge oortree.

‘n Hoogs-kritiese sin lui: “Die gebruik van die frase ‘verslapping van die verordening’ was inderwaarheid ‘n poging om die onwettige aksie meer aanvaarvaar te laat klink.”

Die verslag lui voorts die beskuldiging van die beswaarmakers dat daar nie behoorlik met die gemeenskap en belangegroepe geraadpleeg is nie, is geldig. Die meerderheid mense in die gemeenskap is gekant teen die strand, en hul standpunt is geïgnoreer.

Die Openbare Beskermer stel voor die munisipaliteit heroorweeg die betrokke besluit van die raad om die strand toe te laat binne 30 dae.

Indien daar besluit word om voort te gaan, moet die korrekte prosedure soos vroeër uiteengesit, gevolg word, en die raad van die provinsiale owerheid gevolg word.

Hierdie besluit moet dus vinnig geneem word, en omdat daar nou heel van voor af begin sal moet word met ‘n langdurige proses, wat in elk geval weer kwaai teenstand gaan kry, is dit feitlik ‘n uitgemaakte saak dat die RNM die Beskermer se besluit sal aanvaar, en die saak net daar laat.

Die kool is die sous eenvoudig nie werd nie. Trouens, die munisipale bestuurder, Max Mbili, het twee maande gelede reeds verklaar die raad sal hom berus by die beslissing van die Openbare Beskermer.

Hy het egter ook opgemerk dis interessant dat die Openbare Beskermer haar nie uitgespreek het oor die onwettigheid aldan nie van die strand.

“Die RNM het die aansoek namens die betrokke groepaansoekers ingedien op grond van die grondwetlike bepaling dat almal in die land die reg moet hê om hul lewenswyse en oortuigings te kan uitleef, mits dit nie inbraak maak op die regte van ander nie,” het hy verklaar.

Die voorsitter van die Concerned Citizensgroep, eerwaarde Mike Effanga, wat nooit getwyfel het dat die strand verbied sou word nie, is uiteraard in sy noppies met die uitslag.

“Die munisipaliteit het geleer om nie die landswette te oortree nie. Hy het ‘n dure les geleer.”

Die KwaZulu-Natalse Naturalistevereniging, die aansoekers, het met die skryf van hierdie berig nog nie uiting gegee aan sy voorneme om teen die beslissing te appelleer nie. Indien die appél wel ingedien sou word, lyk die kanse op welslae minder as nul.

Sakemanne en toerismemense hier op die kus wat gehoop het die strand sou ‘n groot finansiële inspuiting tot gevolg hê, sal uiteraard teleurgesteld wees met die verloop van sake.

Dit is egter duidelik uit gesprekke met talle inwoners, en veral die swart gemeenskap, dat hulle bly is die proses om ‘n wettige strand te vestig, het vir alle praktiese doeleindes doodgeloop.

Die enigste positiewe aspek uit die afgelope drie jaar se onderhandeling en gewoel oor die nudistestrand, is die publisiteit wat die Suidkus daaruit gekry het.

Dit was aansienlik, en as dit die doelwit van die munisipaliteit van die begin af was, dit was dit uiters geslaagd.

Nou’s dit egter verby.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.