Om jouself te vermink

2018-04-12 06:03

Net die gedagte dat daar so iets is soos self verminking sit mense af. Tog is dit iets wat meer dikwels voorkom as wat ons dink.

In ’n uittreksel uit Psychology Today van Februarie 2012, word selfverminking beskryf as ’n poging om emosionele pyn of stres te ontlaai.

Die liggaam skei skynbaar endorfien af wat help met die hantering van die emosionele stres. Dikwels dra die persone lang moue om die snymerke te verberg of dit word op die maag of bobene aangebring.

Soms steek mense hulself met skerp voorwerpe of krap hulself doelbewus totdat hulle bloei.

Bekende aktrises soos Angelina Jolie en self Prinses Diana het hierdie gedrag geopenbaar.

Dis ook ’n manier om te kommunikeer dit wat jy nie in woorde kan uitdruk nie. Christene behoort hierdie noodkrete nie gering te ag nie.

In Matteus 18:8-10 lees ons ook van selfverminking. Dit gaan egter nie oor die selfverminking waarna ons so pas verwys het nie.

Matteus maak gebruik van oordrywing om sy punt te maak. Jesus leer dat as enigiets, jou hand of jou voet, dreig om jou van Hom afvallig te maak, jy liewer daardie oog moet uitpluk of daardie hand moet afkap.

Nie letterlik nie, maar ons mag nie toelaat dat enigiets in die lewe ons weghou van ’n lewe van diens aan God en ons medemens nie. Enigiemand wat al probeer het om ontslae te raak van ’n slegte gewoonte weet dat die stryd daarteen psigiese en fisiese pyn veroorsaak.

Sommige kommentatore reken dat Jesus verwys na mense in die kerk wat slegte voorbeelde vir ander nalaat en hulle laat struikel.

Sulke mense moet nie toegelaat word om met hul slegte invloed vort te gaan nie.

Ander reken weer dat ons die hand wat weier om vir armes te sorg onder God se geestelike skalpel moet plaas sodat die hand diensbaar kan word aan ander.

Of dat ons die oog deur God moet laat vervang met ’n oog wat na die wêreld deur Sy oë kyk. Sal ons die emosionele en fisiese seer van ander herken.

Hoe ook al, wees eerder bereid tot geestelike selfverminking binne die konteks waarin Jesus dit stel, as dat iets jou verhinder om aan die doel waarvoor God jou geskep het te beantwoord nie, naamlik Sy verheerliking.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.