Onderbewustelike rassisme

2016-03-24 06:00
  Foto: verskaf

Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE woord “rassisme” was die afgelope tyd op baie Suid-Afrikaners se lippe nadat ‘n vrou met ‘n voëlnaam ‘n onnadenkende uitlating gemaak het op wat die uwe beskou as een van die grootste gevare in ons samelewing, nl. die sg. sosiale media soos Facebook. Ongeag die inherente, verstommende vermoë van hierdie media om ons met mekaar te laat kommunikeer, word dit misbruik deur mense soos die Mossie van Scottburgh – óf doelbewus, óf onbewustelik.

Ongelukkig is die gevolge somtyds dieselfde in albei gevalle - heftige reaksie, teen-uitsprake, bekgevegte, verharding van harte, ‘n groter-wordende kloof tussen bevolkingsgroepe en polarisasie. Tot so ‘n mate dat ons nou ‘n anti-rassisme maand en die politici baie eienaardige definisies van rassisme ontwikkel het.

Die uwe het ‘n bietjie laat gaan oplees oor rassisme en studies wat oor baie jare oor die onderwerp gedoen is, veral in lande soos Amerika waar dit nog steeds ‘n gewigtige negatiewe faktor is. In die meeste van hierdie studies en navorsingstukke word na twee soorte rassisme verwys - die bewustelike, en die onbewustelike, wat albei by alle bevolkingsgroepe voorkom. Eersgenoemde is uiteraard uiters sensitief, en nie vir gesprek in ‘n kort rubriek soos hierdie nie. Ons konsentreer op die onderbewustelike, of “subconscious racism”, wat voorkom by talle mense wat hulleself nie as rassiste beskou nie. Hulle besef dus nie dis teenwoordig nie.

Onderbewustelike rassisme word gepleeg weens ‘n onkunde oor wat die word “rassisme” eintlik beteken. Talle mense sal met reg kan verklaar hulle is nie rassities nie omdat hulle nie ‘n besondere rassegroep haat nie. Daarom meen verskeie navorsers ‘n afkeer van ‘n sekere bevolkingsgroep is bloot ‘n onderdeel van rassisme, en nie die definisie nie. Ware rassisme, of bewustelike rassisme, sê hulle, is wanneer iemand vas glo die een ras is inherent meerder- of minderwaardig as ‘n ander. Maar hierdie bewustelike rassisme is nie noodsaaklik vir rassistiese gedra nie.

Van die mees rassistiese opmerkings wat die navorsers gehoor het, is het gekom van mense wat nie sekere rasse of bevolkingsgroepe haat nie. Hulle is eenvoudig bevooroordeeld, en tree dan rassisties op.

Die feit is meeste mense is bevooroordeeld, wat beteken jy beoordeel iemand se karakter, persoonlikheid en motiewe gegrond op vorige ervarings en ‘n besondere omgewing. Wanneer ‘n wit persoon ‘n swart man in ‘n straat sien aankom, en anderkant toe beweeg om hom te vermy want hy lyk gevaarlik, is dit vooroordeel. Indien die wit persoon dit doen maar elke swart man in ander situasies as potensieel gevaarlik beskou, is dit rassisme. Die navorsers meen rassisme en vooroordeel word gereeld verwar, hoewel hulle somtyds maats is, maar inherent is dit nie dieselfde ding nie

Dit gebeur dikwels dat mense van ‘n sekere rassegroep, of dit nou wit, swart of watookal is, rassisties optree sonder om dit te besef. Dr. David Williams van Harvard het bevind baie mense stereotipeer lede van ander rassegeroepe onbewustelik, en wanneer hulle dan ‘n mens van daardie groep ontmoet, byvoorbeeld ‘n Japanner, behandel hulle hom anders,maar besef dit glad nie. Dr. Phillip Goff van die Universiteit van Los Angeles het bevind dat rassisme gepleeg word deur mense wat nie noodwendig inherent rassisties is nie, maar bedreig voel of ander redes het, en totaal onbewus van hulle rasse-vooroordeel is. Dr. John Powell van dieselfde universiteit se standpunt is dat mense wat vooroordele het, maar bewus is daarvan, kan dan doelbewus seker maak hul gedrag is nie rassisties nie.

Nathalia Gjersoe, ‘n Britse navorser, het bevind dat minstens 70% van alle mense ‘n voorkeur het vir hul eie ras. Daarmee is niks verkeerd nie, sê sy, mits mense daarvan bewus is en hul gedrag dan so aanpas om rassisme te vermy.

Interessante gedagtes waarmee sommige lesers van hierdie rubriek waarskynlik nie sal saamstem nie, maar die hopelik denke vrugbaar sal stimuleer.

Dit sluit aan by joernaliste soos die uwe se standpunt dat geen mens, en veral joernaliste, totaal objektief kan wees nie. Jy moet eers jou eie subjektiwiteit duidelik identifiseer, en dan, met dit as riglyn, regverdig optree of verslag doen. Sonder om jou eie subjektiwiteit vierkantig in die oë te kyk, kan jy nie regverdig verslag doen nie. Dieselfde geld onbewustelike rassisme.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.