Ons beeld van God

2016-05-12 06:00

ONS het almal van kindsdae af ? voorstellings van God in ons koppe wat ons saamdra. Soms is dit ? karikatuur-beeld van God wat ons het. Hierdie prentjie/s is dikwels deur gesagsfigure by ons vasgelê. God is vir sommige die groot paaiboelie, wat reg staan om ons te straf vir elke oortreding wat ons mag begaan. Vir ander is Hy weer Vader Krismis na wie ons met ons inkopielyste toe kan gaan. Vir party is Hy die Groot Afwesige. Vir ander is Hy die Liefdevolle wat alles wat ons doen maar deur Sy vingers sien. Of dalk staan God daar op ? afstand en hou alles dop wat hier op aarde gebeur. Heel dikwels word ons deur hierdie Godsvoorstellings gekwel.

Om op hierdie voorstellings van God in te gaan, is nie die bedoeling van hierdie rubriek nie. Veel eerder roep ? stuk literatuur soos die Psalmbundel in die Bybel ons op om in verwondering, in aanbidding, in afwagting, in nederigheid, in ons diepste vreugdes en hartseer ons na God te wend. Dis immers as ons in die aand (weg van die ligte van die stad) na die sterrehemel staar, dat ons ons ons verwonder daaroor dat God aan die mens dink (Psalm 8). Ons kan natuurlik ook na ? goed-ontwerpte gebou kyk en God dank vir die skeppende gawes wat Hy aan mense skenk. Dit is wanneer ons reddeloos en radeloos voel dat ons herinner word dat daar Iemand is wat soos ? outydse herder van skape oor ons die wag hou. (Psalm 23). Ons kan natuurlik ook God eer vir die sorg wat ons van ouers, leerkragte, eggenotes en ander rolmodelle ontvang.

Vir die Christen is die grootste wonder dat God liefde is, want Christus was bereid om in ons plek die straf op ons sondes te dra en ons vriende van die Lewende God, die God en Vader van die Here Jesus Christus, te maak. In kort kom dit daarop neer dat ons nie moet vasgevang raak in sinlose debatte oor God nie, maar in verwondering voor Hom moet staan. Maak God, soos die Psalmboek dit ook doen, aanbidding die sentrale fokus van jou lewe. Dalk kan ons begin deur die Psalmboek deur te bid, en dan net te soek na moderne metafore/beelde wat ons help om op God te fokus. Dank die Here vir die een wat die wiele waarmee jy ry, laat draai, vir die een wat jou ingelig hou deur die nuusmedia, vir die een wat jou die goeie medisyne voorgeskryf het. So sal jy meer tyd hê om jou te verwonder oor God, as om jou te kwel oor God.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.