Ons is besig om met plastiek stelselmatig selfmoord te pleeg

2018-04-26 06:01
FOTOS: COASTAL CAREOpruimers besig met ‘n onbegonne taak in Djakarta

FOTOS: COASTAL CAREOpruimers besig met ‘n onbegonne taak in Djakarta

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TYDENS ‘n onlangse strandwandeling op Shelly Beach met die kleinkinders, die eerste keer in ‘n baie lang tyd, was dit opmerklik hoe baie plastieksakke en -houers tussen die plantegroei te sien is. Dit het my laat dink. Verlede week lees ek van ‘n jong walvis wat in Spanje uitgespoel en gevrek het. Die mense wat wou uitvind wat die dier se dood veroorsaak het, het 130 kilogram se plastieksakke, visnet, en ‘n plastiekwaterhouer in sy pens gevind. Dit het my weer laat dink.

Nadat ‘n vriend ek ek hierdie berig bespreek het, later stuur hy my ‘n internetbron-adres oor Aardedag 2018 wat op 25 April herdenk word. Wat ek daar gelees en gesien het, het my nie net weer diep laat dink nie, maar totaal geskok. Omdat hierdie rubriek te kort is om die volle omvang van wat aan die gebeur is, weer te gee, som ek die belangrikste feite kortliks op, en hoop van die foto’s sal die verhaal vertel van waarheen ons op pad is.

Sedert plastiek in die vyftigerjare gewild geword het, is 8.3-biljoen metrieke ton plastiek vervaardig. Die gewig van plastiek wat jaarliks geproduseer word, is feitlik dieselfde as die totale gewig van alle mense op aarde. Feitlik elke stuk plastiek wat gemaak is, bestaan nog in die een of ander gedaante, behalwe die klein hoeveelheid wat verbrand is.

Een-en-negentig persent van plastiek-rommel word nie herbenut nie, is moeilik vergaanbaar, en kan honderde en selfs duisende jare voortbestaan. In Amerika alleen is tot onlangs 500-miljoen plastiekstrooitjies daagliks gebruik. Bykans twee-miljoen plastieksakke, wat net een keer gebruik word, en een miljoen-plastiekbottels word elke minuut op aarde versprei of verkoop.

Agt-miljoen metrieke ton plastiek beland elke jaar in die aarde se oseane. Daar is meer mikroplastiek in die see as sterre in die Melkweg. Indien dieproduksie van plastiek nie drasties ingekort word nie, sal daar teen die jaar meer plastiek per gewig as visse in die see wees. Die volgende gegewens toon hoe lank dit neem vir sekere plastiekrommel langs kusstreke om te vergaan: Plastiek-koppies – 50 jaar. Plastiek-koeldrankhouer – 400 jaar. Weggooi-babadoeke – 450 jaar. Plastiekbottels – 450 jaar. Vislyn – 600 jaar. Alhoe meer seediere eet mikroplastiek, die stukkies waarin rommel opbreek oor ‘n lang tydperk, en die diere ly erg voordat hulle uiteindelik vrek. Visvang-toerusting soos hoeke en nette veroorsaak die dood van alhoe meer seediere jaarliks.

Gelukkig word hierdie gevare nou deeglik besef, en is daar oral internasionale organisasies wat volstoom werk om die situasie die hoof te bied. Die vraag is egter: Is dit nie lankal te laat nie? Kyk na die foto’s, en besluit self.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.