Ons takseer mense op hul baadjies

2015-11-12 06:00

Stiltetyd

DIT is nou maar eenmaal so. Ons takseer mense op hulle baadjies. Geleerdes reken dat ons binne ‘n paar sekondes iemand opsom en in ‘n “kassie” plaas. Dalk is dit maar net omdat ons al te veel ontnugter is deur mense wat voorgee wat hulle nie is nie.

Dink maar aan die gladdebek profeet wat jou wysmaak hoe wonderlik jy is, om sodoende jou in sy sak te kry. Die gevaar is net dat ons kan fouteer in ons beoordeling van ander. Die gelykenis wat Jesus vertel van die onkruid tussen die koring illustreer juis hierdie oordeelsfout wat ons kan maak.

‘n Man het goeie saad op sy land gesaai. In die nag het ‘n vyand slegte saad, onkruid gesaai. Toe die boer se werkers met die groei van die saad ontdek wat aangaan wou hulle onmiddelik skoonmaak, die goed van die kwaad skei. Die boer keer hulle toe. Hy het geweet dat die koring en die onkruid op sy land veral in die begin van die groeistadium op ‘n haar na mekaar gelyk het. Hulle wortelstelsels was nou verweefd. Ter wille van die oes moes die twee maar saamgroei.

Wat leer ons hieruit? Dit naamlik dat die kwaad in hierdie wêreld nog geduld word ter wille van God se saak en koninkryk. Die ruimte word gelaat dat die onkruid dalk tog in koring kan verander.

Dis genade! God is geduldig met hierdie wêreld. Hy laat ruimte dat ‘n Saulus ‘n Paulus kan word of selfs ‘n Isis soldaat ‘n weergebore Christen. Dis die geduld wat gemaak het dat Jesus aan die kruis hang al sou ‘n legioen engele hom daar kon bevry. Dalk moet ons nie so vinnig wees met die skoffel van vooroordeel en die onkruid in die wêreld, voortydig uitroei nie. Onkruid kan koring word in God se ekonomie. Kom ons bid en werk saam met God se Gees daarvoor.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.