Onwrikbaar gekant teen nudisme en morele verval

2015-12-17 06:00
Foto: johan pretorius Eerwaarde Mike Effanga, onwrikbaar gekant teen morele verval.

Foto: johan pretorius Eerwaarde Mike Effanga, onwrikbaar gekant teen morele verval.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vroeër vanjaar toe die Hibiskuskus-munisipaliteit deur verskillende stadiums gegaan en uiteindelik toestemming gegee het aan ‘n nasionale naturistegroep om die plaaslike Mpenjati-strand as ‘n nudistestrand te gebruik, was daar teenkanting uit verskeie geledere, maar niks so heftig soos die afkeer van ‘n man van Port Shepstone met ‘n vreemde van nie.

Hy is eerwaarde Mike E. Effanga van Worldwide Gospel Ministries, ‘n wêreldwye kerkgroep wat ook in Suid-Afrika en hier by ons in Oslo Beach bedrywig is. Hierdie verslaggewer het met hom te doen gekry tydens die proses van ter plaatse ondersoeke, en openbare en munisipale vergaderings oor die vestiging van die strand.

Hy en lede van die gemeenskap en prominente kerkgroepe het ‘n groep gestig met die naam “Concerned Citizens of the HCM Group”, en begin om die vestiging van die strand hand en tand te beveg, met Bybelse beginsels as die grondslag van hul veldtog.

Die munisipaliteit se standpunt is dat hy bloot uitvoering gee aan bepalings van die grondwet dat daar nie teen enige geroep gediskrimineer kan word op grond van daardie groep se sienwyses nie, solank dit wettig is en nie inbreuk maak op die regte van ander mense nie. Die munisipaliteit sê daarbenewens is daar wyd gekonsulteer met lede van die gemeenskap en met die provinsiale regering. Die stadsraad het uiteindelik met ‘n oorweldigende meerderheid ten gunste van die strand gestem.

Sakeleiers en die munisipaliteit meen die ekonomiese voordele van so ‘n strand, omdat dit die enigste een in die land is, sal talle besoekers lok. Daarom het die munisipaliteit aansoek gedoen om die verordening wat ‘n nudistestrand verbied, te wysig, en intussen gebruik nudiste die strand, hoewel hulle deur die munisipaliteit afgeraai is om dit te doen totdat die wysiging gefinaliseer is.

Eerwaarde Effanga en sy groep se argument is eenvoudig: die strand is strydig met die meerderheid mense se morele en godsdiensbeginsels, dit is onwettig omdat die verordening nie gewysig is nie, en die munisipaliteit mag nie optree asof hy bo die reg verhewe is nie. Om dinge verder te kompliseer, het Eerwaarde Effanga ‘n brief van die LUR vir Plaaslike Regering en Tradisionele Sake, Me. Nomusa Dube-Ncube, ontvang waarin sy bevestig dat ‘n vergadering met die munisipaliteit gehou is, dat die strand onwettig is omdat die verordening nog nie gewysig is nie, en dat die huidige bepalings nagekom moet word. Maw. mense mag nie hul klere daar uittrek nie. Met die skrywe van hierdie berig, was daar nog geen reaksie van die munisipaliteit nie.

Waar kom Mike Effanga vandaan? Hierdie aangename, vriendelike 50-jarige man met die kenmerkende Nigeries/Amerikaanse aksent? Hy is in Nigerië gebore, en het as jong kind Amerika toe gegaan waar hy 26 jaar lank in Los Angeles gebly en na sy bekering by kerksake betrokke geraak het. Hy het ‘n graad in Godsdiensgeleerdheid by die Shiloh-Bybelkollege in Londen verwerf, is nog steeds ‘n leiersfiguur van die Worldwide Gospel Ministries in Amerika, en betrokke by talle kerkgroepe in Suid-Afrika.

Hy het sowat agt jaar gelede Suid-Afrika toe gekom en het eers in George gewoon, voordat hy Port Shepstone toe gekom het. Hy het sy vrou Grace, ‘n mediese dokter, in Durban ontmoet. Hulle het vier kinders, drie dogters en ‘n seun, tussen die ouderdomme van twee tot sowat nege jaar.

Hy is passievol oor sy Christenskap en rol in die lewe. “My filosofie is elke mens moet die goeie ontgin wat deur God in ons geplaas is. Ons almal is óf relevant óf irrelevant. As jy relevant is, verlig jy die las van ander. Indien jy irrelevant is, maak jy ander se las swaarder.” Eerwaarde Effanga het sy keuse gemaak: hy motiveer mense waar hy kan, hy het kant gekies teen morele verval, en sal dit beveg waar die geleentheid hom voordoen. Iets wat hy nie kan verstaan nie, is waarom die sg. “hoofstroomkerke”, nie sterker standpunt teen die nudistestrand ingeneem het nie.

Van een ding kan inwoners van die Suidkus seker wees. Solank daar sake soos nudistestrande ter sprake is, sal die naam van Mike Effanga gehoor word. Luid en duidelik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.