Passie

2016-09-01 06:00

DIT sou interessant wees om te toets wat u eerste reaksie was by die lees van hierdie woordjie “passie”.

In hierdie dae van die Olimpiese spele sou party dalk die passie onthou het waarmee ons eie atlete aan die Spele in Rio deelgeneem het. Dink maar daaraan met hoeveel passie Wayde van Niekerk die goue medalje in die 400 meter wedloop verower het. Sommige sou dadelik dink aan ‘n passievolle persoon wat sommer vinnig dinge sal regruk in die land of die skool of by die werk.

Ander sou dalk met spyt teruggedink het aan hoe hulle eie passie en vurigheid oor sake met jare afgeneem het. Nog ander sou dalk gedink het dat hierdie dagstukkie handel oor een of ander seksuele tema.

Die Merriam-Webster woordeboek definieer passie as ‘n sterk gevoel van opgewondenheid, entoesiasme oor die een of ander saak.

Die woord kan ook met die uitdrukking van sterk emosies verbind word, soos byvoorbeeld woede of vurige romantiese gevoelens.

Hoe passievol is jy en ek oor die lewe? Die apostel Paulus skryf in Filippense 1:20 dat hy Christus met sy hele wese wou verheerlik.

Christus het self met oorgawe en passie die kruisweg bewandel en die lydensbeker geledig uit liefde vir sondaarmense.

Dalk moet ons ‘n slag introspeksie doen. Hoe passievol is ons byvoorbeeld daaroor dat God se skepping bewaar sal word? Sal ons prakties betrokke raak by projekte wat omgewingsbewaring bevorder? Is ons passievol oor ‘n veilige gemeenskap?

Wys dit in ons betrokkenheid by buurtwagte? Indien ons geestelike lewe vlak geword het, is ons bereid om in gebed te stry deur te bid vir nuwe ywer vir God se saak?

Indien ons doelstellings afgewater geraak het, weet ons nog waarvoor ons bereid is om te leef en te sterf?

Indien jy agterkom dat jou horisonne verklein het, vra God om in Sy genade dit weer wyer te maak. Moenie langer tyd spandeer om ongelukkig te wees nie.

Vier elke lewensoomblik met oorgawe en passie. Jy het net een lewe. Gee jou alles. Leef passievol.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.