Port Shepstone, die doodgebore hawe

2016-03-17 06:00
Die Port Shepstone hawe. Foto: verskaf

Die Port Shepstone hawe. Foto: verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE boek Settlers and Sugar van dr. Duncan du Bois, wat hy onlangs op die maandvergadering van die Suidkus se Handelinstituut bespreek het, is ‘n unieke bron van inligting oor die geskiedenis van die kus van KZN suid van Durban.

Omdat die naam Port Shepstone daarop dui dat hier vandag ‘n hawe moes gewees het, al was dit nie baie groot nie, het die uwe die geskiedenis van die vroeë Port Shepstone gelees, en besluit om Feverlesers wat dit nog nie weet nie, ‘n aanduiding te gee hoe hard mense probeer het om hier ‘n hawe te vestig. So 10, 15 jaar gelede is weer probeer, dié keer om ‘n seiljaghawe te vestig as deel van ‘n groot ontwikkeling, maar weer het die magtige Umzimkhulurivier dit nie toegelaat nie.

Op 1 Januarie, 1866 is ‘n gebied van amper 1 600 vierkante myl deur die kolonie van Natal geannekseer, en vernoem na die tweede seun van Koningin Victoria, nl. Alfred County. Port Shepstone was binne hierdie gebied, en weens verskeie uitbreidings en toename in bevolking, was dit logies dat Port Shepstone by die groot Umzimkhulurivier ‘n hawe moes kry.

Dit was egter makliker gesê as gedaan. Talle pogings deur verskeie vooraanstaande mense, soos die Aiken-broers, is aangewend om die proses te begin. Dis asof die koloniale regering van die Alfred County vergeet het, en eers teen 1879 het Goewerneur Bulwer verwys na die noodsaaklikheid om Port Shepstone in ‘n hawe te omskep. Onmiddellik hierna is William Bazley £350 betaal, en is hy gevra om ‘n toegangskanaal vir die rivier minstens 90 meter wyd en 1.5 meter diep met laagwater te grawe. Die groepie inwoners was hoog in hul skik en het uitgesien na uitbreiding en vooruitgang.

Op 8 Mei, 1880 het die Somtseu van 47 ton, 30 meter lank en ses meter breed, wat minder as 1.5 meter diep in die water gelê het, die eerste skip geword wat die Umzimkhulu opgevaar het. Ongelukkig is een van die Somtseu se skroewe in die proses beskadig, en was hy ‘n maand lank buite aksie nadat hy sukkel-sukkel terug is Durban toe. Daar was egter geen twyfel oor die waarde van die skip vir hierdie nedersetting in die Alfred County nie. In Julie 1880 het die Somtseu teruggekeer met ‘n vrag van 150 ton. Dit het ingesluit rys, meel, kruideniersware en boumateriaal. Die skip het velle, wol, waenhout en vis teruggeneem Durban toe. Die Somtseu het produsente en verbruikers £4 per ton gespaar, benewens die reis van 10 tot 12 dae per ossewa.

Die vooruitsig vir skeepvaart op die Umzimkhulu was so rooskleurig in hierdie tydperk dat die skeepsmagnaat Donald Currie, wie se stoomskepe tussen Natal en Brittanje diens gedoen het, belangstelling getoon het om betrokke te raak. Dit het ongelukkig net by woorde gebly.

Intussen het die Somtseu in die eerste sewe maande van sy dienstyd in 18 vaarte 354 ton vrag tussen Durban en Port Shepstone vervoer. Dit het die Suidkus se verteenwoordiger in die koloniale wetgewer, Thomas Reynolds, genoop om in Desember 1880 ‘n veldtog te begin om die regering sover te kry om ‘n hawe in die Umzimkhulu te finansier. Hy het daarin geslaag om in 1882, £10 500 te kry om nog rotse te verwyder en ‘n breekwater te bou. Om William Bazley te help, is spesiale duiktoerusting in 1883 uit Engeland bestel.

Weerens was almal ongelukkig nie ewe entoesiasties nie, en invloedryke mense het gevra of die vergroting van die Umzimkhulu se mond die koste werd was. Stadig maar seker het die regeringsbelangstelling gekwyn. Twintig jaar later en na £70 000 se uitgawe, is seeverkeer na Port Shepstone amptelik gestaak.

Nietemin het die werk op klein skaal om die riviermond te vergroot, voortgegaan. Die breekwater was teen 1880 200 meter hoog en drie meter breed. Kleiner skepe het gekom en gegaan. Teen 1885 is 40 ton masjinerie en 3 000 houers vol goedere soontoe gebring. Meer as 100 ton plaaslik geproduseerde goedere het in pakhuise gestaan gereed om vervoer te word. Tussen 1885 en 1887 het die skepe die Lion en die Alfredia gereeld na Port Shepstone gevaar, en dit het die eienaars van die Somtseu die geleentheid te gee om hom te versien en moderniseer. Die Somtseu was egter net terug in diens toe die Alfredia by Port St Johns op die rotse geloop het.

‘n Groot storm in 1893 het ernstige skade aan die infrastruktuur by die riviermond aangerig, maar die rivier is steeds deur kleiner skepe gebruik om goedere en mense te vervoer. Die riviermond het stadig maar seker weer onveilig geword en sandbanke het skeepvaart gereeld geblokkeer. Die Somtseu en ander skepe het nogtans steeds goedere vervoer, maar die toestande by die riviermond het alhoe moeiliker geword.

Die dorp het teen die einde van die eeu vinnig ontwikkel. Die laaste amptelike skeepvaart soontoe was in 1902, maar pogings om die hawe te herstel, het voortgegaan. In 1907 het die eerste trein van Durban af oor die brug oor die rivier gery, en die skeepvaart- periode amptelik beëindig. Daar was nog periodieke pogings oor die jare om ‘n hawe vir klein vaartuie tot stand te bring, maar toe die groot brug oor die riviermond in 1959 voltooi is, was dit ook op ‘n einde.

So het die droom vir ‘n hawe by Port Shepstone oor baie jare ‘n stadige dood gesterf. Selfs onlangse pogings deur geldmagnate vir ‘n seiljaghawe het nie geslaag nie. Die Umzimkhulu is eenvoudig nie ‘n hawerrivier nie.

- Settlers and Sugar deur Dr. Duncan du Bois

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.