Quintin van Jaarsveld: reus in ‘n rystoel

2016-09-22 06:00
 Foto: johan pretorius Quintin se ouers is sy steunpilare. Leon sê somtyds moet ‘n tragedie jou terugruk na dit wat werklik belangrik is in die lewe. ‘Uit hierdie tragedie is ‘n positiewe reus gebore wat ons inspireer met ‘n ewe positiewe daaglikse inspuiting.’ Ma Petro erken dis nie elke dag maklik nie, maar sy is dankbaar dat die Here Quintin vir hulle gespaar het, en sy is baie trots op wat haar ouer seun Jacques, nou ‘n baie suksesvolle sakeman, en Quintin in hul lewens bereik het. Die Dachshund op die foto, Chucky, is deel van Quintin se lewe sedert hy uit die hospitaal by die huis aangekom het, en is op 16-jarige ouderdom nog konstant aan sy sy.

Foto: johan pretorius Quintin se ouers is sy steunpilare. Leon sê somtyds moet ‘n tragedie jou terugruk na dit wat werklik belangrik is in die lewe. ‘Uit hierdie tragedie is ‘n positiewe reus gebore wat ons inspireer met ‘n ewe positiewe daaglikse inspuiting.’ Ma Petro erken dis nie elke dag maklik nie, maar sy is dankbaar dat die Here Quintin vir hulle gespaar het, en sy is baie trots op wat haar ouer seun Jacques, nou ‘n baie suksesvolle sakeman, en Quintin in hul lewens bereik het. Die Dachshund op die foto, Chucky, is deel van Quintin se lewe sedert hy uit die hospitaal by die huis aangekom het, en is op 16-jarige ouderdom nog konstant aan sy sy.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE uwe ken Quintin van Jaarsveld reeds sewe jaar lank as mens, nuus-kollega en vriend. Toe die gedagte inskop dat ‘n berig oor hierdie merkwaardige jong man en sy lewe die lig moet sien, het ek reeds die basiese feite oor sy lewe gehad: ‘n kwadrupleeg wat op 16-jarige ouderdom verlam is in ‘n duikslag op die rugbyveld, en ten spyte van verskeie struikelblokke met die hulp van sy broer en ouers vasgebyt het en vandag, ten spyte van sy gestremdheid, ‘n gerespekteerde en bekroonde joernalis is.

Min het ek besef dat ek, ten spyte van sewe jaar se vriendskap, inderwaarheid baie min geweet het van wat hy en sy gesin deurgemaak het tot vandag toe, totdat ek in diepte met hom begin gesels het met die oog op hierdie berig. Eers toe het die volle omvang van hierdie besonderse mens se omstandighede en wat hy ten spyte daarvan bereik het, my getref. Ook dat ‘n berig soos hierdie, weens die beperkings op lengte, nooit die volle verhaal sal kan vertel nie. Maar ek gaan nogtans probeer.

Op 15 April, 2000 was Quintin ‘n lewenslustige, fikse, veelsydige 16-jarige sportman met ‘n blink loopbaan aan sy voete.
“Ek was redelik arrogant, was gewild onder die meisies en het baie vriende gehad,” vertel Quintin, “en my lewe voluit geniet. Verskeie sportsoorte beoefen, en ek was lief vir die see, veral ‘bodyboarding’. Dit het egter in ‘n oogwink verander.”
Op dié dag het hy skrumskakel gespeel vir die Hoërskool Suid-Natal se eerste span teen Durban North College, op hulle veld. Quintin het om ‘n skrum gebreek, is van agter af gelak, kon nie sy arms gebruik om sy val te stuit nie, en het op sy kop geval.
“Ek is in ‘n normale, nie-gevaarlike duikslag oombliklik verlam weens ‘n fraktuur aan my C5-werwel. Daar was ongelukkig geen mediese diens of dokter by die veld nie. Gelukkig het mense soos Jacques de Beer en ons afrigter Danie Bergh beheer van die situasie geneem en gesorg dat ek op die gepaste manier van die veld af gevat is.
“Ek het vir seker ‘n uur langs die veld, geskok en met my eie gedagtes gelê met vriende en my meisie destyds wat bekommerd na my kyk voordat ek per helikoper na die Entabeni-hospitaal geneem is.”

Daar het hy twee maande in die intensiewe sorg-eenheid deurgebring, en nog ‘n maand in ‘n hoë sorg-eenheid. Hy het nege operasies ondergaan, en die geneeshere het hom min kans op oorlewing gegee.
Hy kon nie praat nie, en het boonop nog ‘n lugpyp-insnyding ondergaan sodat hy kon asemhaal. Hy het lank binne-aarse voeding gekry, want sy maag is kwaai deur medikasie beskadig. Van die fikse en fris, tienerseun van 70 kilogram het net 40 oorgebly.

Quintin, ‘n diep-gelowige mens, vertel voordat hy sy eerste operasie ondergaan het, het hy die Here gevra om hom asseblief te laat oorleef, nie vir homself nie, maar ter wille van sy broer, Jacques, en ouers, Leon en Petro.
“Nadat ek dit wel oorleef het,” onthou hy, “het ek myself egter dikwels gevra of ek nie die versoek aan die Here maar moes gelos het nie, want ek het baie, baie swaar gekry. Die eerste paar jaar ná die ongeluk was loutere hel, maar met die ongelooflike en onselfsugtige hulp en bystand van my ouers en broer het ek daar deurgekom.”

Na sy drie maande in die hospitaal was Quintin nog drie maande lank in ‘n rehabilitasie-sentrum in Hillbrow. Sy ouers het verlof geneem en was saam met hom by die hospitaal, en toe sy pa moes terugkeer werk toe was sy ma saam hom by die rehabilitasie-sentrum.
“My ouers was ongelooflik … jy weet ná my ongeluk op die Saterdag het my ma eers die Maandagaand twee ure geslaap. So is hulle toewyding nog tot vandag toe. God het my geseën met die wonderlikste ondersteuningstelsel waarsonder ek nie ‘n funksionele lewe sou kon lei nie.
“My ma, pa en broer is nie alleen my arms en bene nie, hulle is my hartklop. Hulle het my deur die donkerste dae gedra toe ek as ‘n sportmal tiener my identiteit, en in baie opsigte my wil om te lewe, verloor het. Hulle het my uit die dieptes van wanhoop gelig en geïnspireer om terug te gaan skool toe, want as ‘n selfbewuste dop van my vorige atletiese self, het ek nie die moed gehad nie. Hulle is die ware helde in my lewe, allermins ekself.
“My pa het self ernstige gesondheidsprobleme opgedoen oor al die stres maar is nou deur die Here se genade weer sy ou self.”

Quintin het drie vakke per jaar oor twee jaar geneem en sy matriek voltooi.
“Dit was baie, baie moeilik om in ‘n rystoel tussen my ou meisies en vriende te wees. Ek wou nie daar wees nie. Maar Jacques, drie jaar ouer as ek, was saam met my en het my daardeur gedra. Hy het jare van sy lewe opsy gesit en bedank by sy werk om my te versorg en elke dag probeer om my te laat glimlag.”

Quintin het vroeg reeds ‘n aanleg vir tale en woorde gehad, en nadat hy op ‘n rekenaar met sy kneukels leer tik het, het hy met sy kenmerkende deursettingsvermoë oor drie jaar kursusse by Intect en Unisa in Kreatiewe Skryfwerk, Gemeenskaps-joernalistiek en Kommunikasiekunde voltooi.

Hierna werk Quintin van die huis af vir die webwerf SARugby.com eers as rubriekskrywer en uiteindelik as hoofredakteur oor ‘n tydperk van sewe jaar. In 2009 begin hy by die South Coast Fever as sportredakteur, in 2012 sluit hy hom terselfdetyd by rugby365.com aan, en in 2014 word hy die adjunk- en sportredakteur van die plaaslike nuusplatform eHowzit. Hy het reeds verskeie artikels vir talle platforms soos Sports Illustrated, Sport 24, koerante soos die Witness, te veel om op te noem, geskryf. Hy skryf uitsluitlik in Engels.

Hy word in die proses beloon met verskeie toekennings: die MDDA/Sanlam gemeenskaps-sportjoernalis van die jaar (2013), die Vodacom KwaZulu-Natal-sportjoernalis van die jaar (2013), finalis in die Vodacom Suid-Afrika-sportjoernalis van die jaar (2013), die naasbeste gemeenskapsjoernalis van Media 24, mees uitstaande joernalis van die Fevergroep (2013), finalis in die MDDA/Sanlam Gemeenskapsjoernalis van die Jaar (2012) en wen ‘n Media 24-sportjoernalis toekenning (2012).
Hy het onderhoude met verskeie sportlegendes gevoer, en in 2011 is ‘n foto van hom en die Springbokspan geneem met hom in die kapteinstoel. Verstommende prestasies vir iemand in sy situasie.

Quintin het pas 33 jaar oud geword as ‘n kwadrupleeg wat niks vir homself kan doen nie - sy ouers help hom met alles. Hy doen elke dag by die huis spesiale spieroefeninge, kry weekliks fisioterapeutiese behandeling by ‘n praktisyn, en moet baie kieskeurig wees oor wat hy eet.
Hy het geen gevoel van sy nek af ondertoe nie, en kan net sy arms beweeg. Tog bly hy diep gelowig, blymoedig met ‘n skerp sin vir humor.
“Behalwe vir my diepe dankbaarheid teenoor my ouers en broer, waardeer ek die hulp van die talle mense en organisasies, soos my fisio Marinda Salotto, die Chris Burgerfonds en die Cummingham Kempfonds wat my oor die jare bygestaan het.
“Alles wat ek bereik het en hoogtepunte in my lewe was ‘n geskenk van God. My verhouding met Jesus Christus, my Verlosser en Saligmaker, groei elke dag.”

Quintin is voorwaar uniek. In ‘n joernalistieke loopbaan van meer as vyftig jaar, het ek nog nooit so ‘n inspirerende en bewonderenswaardige persoonlikheid ontmoet nie. Dis ‘n absolute voorreg om hom te ken. Die Suidkus-gemeenskap kan trots wees op hom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.