Raad van voorste opvoedkundige aan matrieks: Studeer ‘slimmer’, nie meer nie

2018-10-11 06:00
PHOTO: SOURCEDIs dit hoe jy voel? Gebruik flitskaarte!

PHOTO: SOURCEDIs dit hoe jy voel? Gebruik flitskaarte!

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


Oral in Suid-Afrika is daar nou spanning en bekommernis in huishoudings waar daar matrikulante is: Gaan die betrokkene slaag, en indien wel, hoe goed? Wat is die beste manier om seker te maak jy slaag wel?

Dr. Jacobus Lieb Liebenberg, ‘n bekende akademikus en opvoedkundige gee in ‘n artikel in News 24 raad aan matrikulante en hul ouers. Navorsing het bewys die tegnieke en benadering wat hy voorstel is uiters doeltreffend en maak leerlinge meer doeltreffend in die studieproses. Ongelukkig, beklemtoon hy, maak dit die proses nie makliker nie. Om te leer is moeilik, en indien daar geen inspanning of moeite is nie, op dieselfde manier as om fiks te word, sal daar nie resultate wees nie.

Dr. Liebenberg wys daarop dat die meeste matrikulante reeds baie tyd en toewyding aan studeer bestee, selfs al doen hulle dit nie op die doeltreffendste manier nie. Die doel van sy raad is om leerders te help om hul studietyd ten beste te benut. Dit kan dus daartoe lei dat hulle minder tyd aan studeer bestee, eenvoudig omdat wanneer hul wel studeer, hulle die materiaal, nie net vir die toets of eksamen sal onthou nie, maar baie langer daarna. Die hersiening van studiemateriaal sal vinniger geskied. Voorts sal dit die studente ‘n grondiger kennis in die algemeen gee.

Sy basiese voorstel is om flitskaarte te gebruik. Dit is een van die oudste en veelsydigste leermiddele, maar omdat flitskaarte so lank reeds gebruik word, dink baie mense dis verouderd. Dit is agter steeds ‘n hoogdoeltreffende manier om ‘n groot klomp inligting te bemeester. Klein hoeveelhede inligting op kaarte aangebring, en wanneer hulle dan ‘geflits’ word, help dit jou om groot hoeveelhede werk, stuk vir stuk, te memoriseer.

Flitskaarte is oor die jare bewys as ‘n intuïtiewe studiemetode, en volgens dr. Liebenberg is dit nie altyd duidelik waarom hulle so goed werk nie. Wanneer flitskaarte korrek gebruik word, studeer ons op ‘n manier wat ooreenstem met hoe ons breine funksioneer en inligting onthou. NB: Aan die einde van die berig is daar ‘n Google-webwerfadres vir video-aanwysings om flitskaarte korrek te gebruik.

Waarom flitskaarte gebruik? Hulle is baie effektief binne die beperkinge van jou ‘werkende of effektiewe geheue’, hulle is effektief om inligting te ‘herwin’ en die versterking van neurale kanale, en maak dit maklik om verskillende items te meng maar seker te maak dat hulle in enige konteks of verband onthou sal word.

1.Flitskaarte en ‘werkende geheue’. Mense het ‘n beperkte ‘werkende geheue’ en kan slegs sewe tot nege eenhede nuwe inligting op ‘n gegewe tyd bemeester. Dit beteken indien die ons nuwe materiaal wil inneem, moet ons verseker dat ons breins nie met te veel feite gebombardeer word wanneer ons studeer nie. Dis belangrik om nie te veel inligting op enige van die twee kante van flitskaarte aan te bring nie, want hoe meer items daar is, hoe moeiliker raak dit vir die ‘werkende of effektiewe geheue’.

2.Herwinningsmetodes en die bemeestering van materiaal. Flitskaarte is uiters doeltreffend met die herwinning van inligting, nie alleen omdat hulle dit makliker maak om nuwe materiaal te onthou nie, maar dit help met die herwinningsproses. Die blote herlees van materiaal wat reeds bestudeer is, lei tot ‘n valse gevoel van ‘bemeestering’, want studente verwar vertroudheid of bekendheid met bemeestering.

Deur bloot materiaal weer te lees ‘herken’ jy dit wat jy voorheen gelees het, wat ver verwyderd is van die materiaal ‘bemeester’.

Daarom sukkel studente wat dink hulle ken studiemateriaal, soms in eksamens’.

3.Die tegniek van ‘interleaving’, of ‘interpaginasie’. Dr. Liebenberg wys daarop dat almal van ons in die een of ander stadium ‘n sekere stel probleme baasraak, maar dan verwar word wanneer hierdie stel deel word van nog ‘n groep of verskillende groepe probleme. Dis waar ‘interpaginasie’ ‘n rol speel. Dit is ‘n doelbewuste strategie waardeur inligting deurmekaar gemaak word om jou brein te dwing om materiaal op sigwaarde te herken, instede daarvan om op ‘n spesifieke konteks staat te maak om dit ‘terug te roep.’ Flitskaarte is ideaal vir ‘interleaving’ oftewel ‘interpaginasie’, want dit is baie maklik om hulle deurmekaar te maak en te meng. Wanneer studente deur die kaarte werk, dwing dit hulle om ook om wyer te dink oor die inlgting op die kaart, eerder as die konteks om te onthou waaroor dit gaan.

Vir groter duidelikheid oor die gebruik van flitskaarte, die volledige artikel en videos oor die metode, gebruik die volgende kode in Google:

https://www.parent24.com/Learn/School-exams/study-smarter-not-harder-top-study-tips-for-matriculants-from-a-ceo-20180926

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.