Rassisme: Suid-Afrika se onvermydelike ondergang?

2018-04-12 06:01
Wat Suid-Afrika gaan vernietig.FOTO:verskaf

Wat Suid-Afrika gaan vernietig.FOTO:verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR was die afgelope tyd ‘n reeks nuusgebeure wat die besef by die uwe opnuut laat posvat het dat daar enersyds totaal uiteenlopende menings oor rassisme in die land is, en andersyds dat dit die land se ondergang gaan beteken indien dit nie behoorlik bestuur en beveg word nie. ‘n Ligpunt, maar terselfdertyd ook redelik moeilik om te glo, was die verslag van die Instituut vir Rassebetrekkinge van so twee weke gelede wat klink of die situasie nie so sleg is as wat baie mense vermoed nie.

In die verslag word verklaar 77% van swartmense het nooit persoonlik rasssime ervaar nie, en hulle glo indien daar beter opvoedingsgeleenthede en meer werkgeleenthede is, rassisme geleidelik sal verdwyn.

Negentig present van die respondente van alle rasse meen die bevolkingsgroepe het mekaar nodig en daar moet gelyke geleenthede vir almal wees. Slegs een present van die swart respondente meen die regering moet spesiale aandag gee aan regstellende aksie, en slegs 5% van alle respondente (4% van die swartes) steun ‘n veldtog deur die regering om rassisme te beveg. Die verslag lui rassistiese retoriek het nietemin die vrese van minderhede laat toeneem, en swart mense voel alhoe meer dat wit Suid-Afrikaners nou ‘n ondergeskikte rol moet speel.

Een-en-sestig persent van hulle meen Suid-Afrika is nou ‘n land vir swart mense. Twee-derdes van die respondente meen ook dat politici egter retoriek oor rassisme en kolonialisme dikwels gebruik om hul eie tekortkominge te verbloem. Daar is nog heelwat ander bevindings, baie van hulle positief, wat egter nie gestaaf word deur die werklikhede wat talle mense, insluitende die uwe, daagliks beleef nie. Die koerant-redakteur en kommentator, Mondli Makhanya, wys daarop dat talle van die debatte in die land ‘n sterk rassistiese inhoud het. Hy verwys na onderwerpe soos transformasie in sport, onteiening van grond, plaasmoorde, en selfs die listeriose-epidemie wat deur ‘n groepie beskou is as ‘n komplot deur blankes om arm swart mense te benadeel. Makhanya meen tereg hoewel van die Instituut se bevindings wel meriete het en ernstig opgeneem moet word, help dit nie om die werklikhede te verbloem nie.

As voorbeeld gebruik hy die kommentare van mense by nuusberigte en op internet-platforms. Veral hul eie Facebook en Twitterinskrywings. Daar is niks wat hom so depressief en woedend maak soos ‘hierdie verfoeilike uitlatings’ nie.

Dis vir hom onverstaanbaar dat geletterde mense so laag kan daal. ‘Hulle is oral tussen ons in ‘n land wat lippediens aan nie-rassisme bewys, vinnig gepolariseer word en terugbeweeg na haatdraendheid, wantroue en onenigheid. Rassisme is ‘n monster in ons midde.’

Hoewel Makhanya toegee dat rassisme van twee kante af kom, verwys hy uiteraard meer na rassisme van blankes teenoor swartes. Wat verstaanbaar is indien ‘n mens hierdie kommentare op die sosiale media-platforms lees. Dit is verstommend hoe blankes wat hulself beskou as regdenkend op hul Facebook en ander platforms rassistiese en kwetsende stellings kwytraak, en rassistiese literatuur en grappe versprei. Dis eintlik weersinswekkend. Die polarisasie word vererger, want Swart mense doen dieselfde, met dieselfde intensiteit.

Nietemin, blankes bly groot sondaars. Soos die Vicky Momberg-geval. Hierdie vrou het haarself skuldig gemaak aan die grofste rassisme denkbaar, geen berou getoon nie, daarna in telefoongesprekke toe mense haar wou help swartes gevloek en geskel, en haar optrede in die hof gerasionaliseer, pleks daarvan om berou te toon en verskoning te vra.

Sy is skuldig ja, maar haar straf is ‘n komplikasie wat rassisme verder aanblaas. Wat word bereik deur haar twee jaar tronk toe te stuur? Vir crimen iniuria? Om van haar ‘n voorbeeld te maak? Dit terwyl Swart Suid-Afrikaners, insluitend Julius Malema en ‘n sekere weermag-offisier, blankes dreig en grof beledig en niks gebeur met hulle nie? Kom rassisme, soos baie swart mense reeds verklaar het, net van die een kant af? Haar tronkstraf gaan alles behalwe ‘n afskrikmiddel en net nog kos vir die rassisme-monster wees.

Rassisme is uiteraard te kompleks om oornag op te los. Wat egter ‘n feit soos ‘n koei is, is dat hierdie land van ons geen toekoms het indien daar nie van albei kante af daadwerklike pogings is om die polarisasie te keer nie. Ek kan, netsoos Makhanya, nie glo dat die respondente in die Instituut vir Rasse-betrekkinge se navorsing die meerderheid Suid-Afrikaners verteenwoordig nie, en dat die Facebook-galbrakers randeiers en bloot stereotipes is. Die enigste oplossing is dat elke Suid-Afrikaner, van watter rassegroep ookal, hom of haarself moet afvra wat hul bydrae kan wees om hierdie spiraal te keer, al is dit somtyds hoe moeilik, pleks daarvan om praatjies te versprei dat hier ‘n swart/wit-oorlog op pad is ( en heimlik hoop dis ‘n self-vervullende profesie.) Daardie spiraal moet gebreek word, anders is hierdie land gedoem. Verseker.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.