Realisties

2018-07-19 06:00

“Wees nou realisties man,” hoor jy soms iemand opmerk. Realiste is nodig want hulle bevorder die saak van objektiewe waarneming. Die probleem met realiste egter is dat die wonder van die lewe soms by hulle verbygaan. Hulle kan soms ook pessimisties wees oor sake. In Matteus 22: 23-33 kry ons te doen met ’n klompie realiste, die Sadduseërs. Dit was ’n godsdienstige groep in Jesus se tyd wat nie in die opstanding van die dooies geglo het nie.

Hulle was goed daarin om die hele konsep dat daar lewe na die dood is af te maak as versinsels. Hulle vertel die storie van die sewe broers wat almal met die een vrou getroud was. Dit kom uit Deuteronomium 25:5 waar iemand met sy broer se weduwee moes trou om die familie naam nie te laat uitsterf nie. Daar was sewe broers.

Hulle is almal die een na die ander dood. Die vraag is nou wie se vrou sy in die opstanding gaan wees.

Jesus antwoord hierdie klomp realiste deur hulle daarop te wys dat hierdie lewe op aarde nie die hoogste doel is waarna ons moet streef nie. Daar is ’n nuwe wêreld, God se nuwe wêreld aan die kom. In hierdie nuwe wêreld sal ander waardes geld. Familiebande sal nie in die lewe hierna bly voorbestaan nie. Ons sal mekaar wel herken (kyk 1 Korintiërs 15) maar verhoudinge sal anders wees.

Die enigste wat bly voorbestaan is dat ons broers en susters van mekaar in Christus sal wees. Die vrou in die Sadduseërs se verhaal sal dus nie ’n probleem hê nie. Ons moet nie aan God se nuwe wêreld dink in aardse terme nie. Die nuwe hemel en aarde gaan nie, maar net ’n duplisering van die bestaande wees nie. Alles sal nuut word, dit sal hemel op aarde wees.

Mense wat God se nuwe wêreld verwag, is meer geneig om hier en nou reeds tekens van hoop op te rig van hierdie nuwe wêreld wat kom.

Hulle werk nou reeds aan geregtigheid en vrede omdat hulle met ’n ewigheidsperspektief werk. Daar is lewe na die dood. Dit maak dat gelowiges hier en nou met hoop lewe. En jy?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.