Reg en geregtigheid

2018-12-20 06:00

Matteus 27:15-26 praat ook van ’n ruiltransaksie in die geskiedenis. In die geval staan die Onskuldige Mens, Jesus Christus, ook die Seun van God voor die menslike regbank. Die ruggraatlose Pilatus probeer nog Jesus se vrylating beding deur ’n twyfelagtige karakter genaamd Barabbas, teenoor Jesus te stel. Die skare kies vir Barabbas teen Jesus en Pilatus teen sy eie gewete. Pilatus se motiewe om Jesus te benadeel en te laat kruisig was selfsugtig. So probeer hy wegkom van sy verantwoordelikheid om ’n keuse te maak vir reg en geregtigheid, al was hy deur sy vrou gewaarsku gewaarsku teen enige kwade optrede teen Jesus. Hy was uiteindelik sy eie hande in onskuld en verdoem Jesus.

Dis deesdae baie maklik om net te sê ons het nie geweet nie en jou hande in onskuld te was.

Pilatus het ook probeer ontsnap van die gevolge van sy keuses. Daar is egter een ding wat ons nie kan ontsnap nie, die gevolge van ons dade. Tog kan ons vryspraak ontvang van ons slegte gewete en verkeerde keuses. Dit lê by die Een wat in ons plek onskuldig op die regbank van die wêreld skuldig bevind is, Jesus Christus. Hy was jou hande en jou lewe deur Sy bloed, en witter as sneeu sal jy wees.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.