Rewolusies

2018-06-14 06:01

IN Matteus 21:12-17 lees ons dat Jesus soos ’n rewolusionêr optree. Hy daag by die kerk van destyds op en gooi links en regs geldtafels om en jaag mense by die tempel, die kerk van destyds, uit.

Die geld wat in die tempel gewissel is, was bedoel vir die aankoop vir die instandhouding van die erediens. Skielik daag Jesus op en gooi alles omvêr. Wat gaan hier aan? Jesus se optrede was rewolusionêr. Jy meng nie in met mense se politieke of godsdienstige oortuigings sonder dat jy spreekwoordelik ’n stok in ’n byenes indruk nie.

Die plek in die tempel waar die drama afspeel was in die sogenaamde voorhof vir die heidene.

Daar kon jy byvoorbeeld duiwe koop vir die offers wat gebring moet word. Die probleem is net dat duiwe binne die tempel tot tien keer meer gekos het as op straat. Jy is egter verplig om daar te koop, want die duiwe moes sonder liggaamsgebrek wees. Jesus is hoogs ontsteld oor hierdie handeldrywery en uitbuitery van mense in ’n plek wat vir gebed opsy gesit is. Jesaja 56:7 leer dat God se tempel uitgeroep is as ’n huis van gebed vir al die volke. Die voorhof vir die heidene was mense se geleentheid om God aan die werk te sien.

So lyk God as jy na Sy volgelinge kyk. Die idee van God was egter dat Hy daarop uit is om jou uit te buit in plaas daarvan dat Hy jou insluit in Sy huisgesin waar liefde heers. Dis die dat Jesus in ’n daad van simboliese protes die tafels en stoele van die handelaars in die tempel omvêr gooi. Hy reik dan in deernis uit na die blindes en kreupeles wat eintlik ook verhinder is om in die tempel te aanbid en genees hulle.

Daar is talle kerke en godsdienstige groepe hier aan die Suidkus en in ons land. Die vraag is of sulke instellings dit vir mense makliker maak om by God uit te kom, of word hulle verhinder deur die manier waarop godsdiens in die naam van God bedryf word? Hoe dink jy? Is ’n rewolusie in die kerk vandag nodig?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.