Sal jy dans?

2017-11-09 06:00

IN 1284 is die dorpie Hamlin deur ‘n rotteplaag bedreig. Allerhande siektes is deur die rotte versprei. Die dienste van ‘n fluitspeler is ingeroep. Hy het op sy fluit gespeel en die rotte na die rivier Weser aangelok, waar hulle almal verdrink het.

Die burgemeester van die dorp het egter nie die fluitspeler ten volle vergoed vir sy dienste nie. Hy het toe later teruggekeer en as vergelding die dorp se kinders al dansende weggelok met sy fluitspel, waarna hulle nooit weer gesien is nie.

In Matteus 11:16-19 vertel Jesus van ‘n groepie kinders wat ledig op die markplein rondstaan. Iemand neem toe ‘n fluit en probeer hulle aan die speel kry. Eers speel die fluitspeler ‘n begrafnisliedjie en toe weer ‘n trouliedjie.

Die kinders was egter onderling verdeel, en die speletjie ontaard in ’n gebakleiery.

Jesus pas die illustrasie toe op God se werkswyse om Sy volk, wat hul rug op Hom draai, se aandag te kry. Eers stuur Hy vir Johannes die Doper om mense met ’n streng boodskap van boetedoening en berou tot inkeer te roep. So kan julle nie aangaan nie.

Julle kan nie mekaar se eggenotes afvry, agterbaks en skynheilig lewe nie. Dan stuur God vir Jesus. Jesus lag en vier fees saam met sondaars.

Hy doen selfs Sy eerste wonderwerk by ‘n bruilof waar mense skaterlag van vreugde. Hy eet en drink saam met die uitvaagsels van die samelewing.

“Kom ons dans van vreugde,” is Jesus se wekroep. “In die huis van My Vader is daar baie woonplek.”

Die mense is egter nie beïndruk nie. Hulle sê dat Johannes se strengheid gekheid is, en Jesus se uitbundigheid tipeer hulle as ligsinnigheid.

As mense nie wil verander nie, kan selfs ‘n engel uit die hemel hulle nie oortuig nie. Hoe oop is jy en ek vir oortuiging?

Johannes die Doper se boodskap was streng, maar mense se lewens het koers verander, ten goede. Jesus het met ongewenste vreemdelinge skouers geskuur, en hulle is deur Sy liefde verander, ten goede. God praat soms hard en ander kere sag met ons. Laat vaar jou bevooroordeeldheid en begin dans op die musiek van God se ontferming.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.