Sal nuwe verordeninge laakbare openbare gedrag op Suidkus verhoed?

2018-02-15 06:00
FOTOS: VerskafSlaap op openbare sitplekke en urineer in die openbaar word ook verbied.

FOTOS: VerskafSlaap op openbare sitplekke en urineer in die openbaar word ook verbied.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

EEN van die groot dorings in die vlees van Suidkus-inwoners die afgelope jare is die onaanvaarbare gedrag van besoekers, soms ook permanente inwoners, in die openbaar, wat ongestraf gelaat word. Kortom, dit lyk soms asof mense urineer, openlik alkohol gebruik, vure aansteek, vleis braai, luide musiek speel en selfs seksueel verkeer, wetende dat hulle nie aangekeer sal word nie. Met elke Diwali-viering en Oujaarsaand is daar mense wat vuurwerke laat ontplof buite die toegelate tyd, en niks word gedoen om hulle aan die pen te laat ry nie.

Hopelik gaan die situasie nou drasties verander. Die Ray Nkonyeni Munisipaliteit het ingevolge bepa-lings van die Grondwet en die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels in November verlede jaar ‘n reeks verordeninge met die titel Steurnis en Gedrag in Openbare Plekke 2017 aanvaar. Dit is intussen gepromulgeer en het op 1 Januarie van krag geword. Voor hierdie verordeninge aanvaar is, het die munisipaliteit staatgemaak op verordeninge van die destydse Plaaslike Oorgangsrade wat as Ordonnansies bekend was. Die probleem was egter dat hierdie Ordonnansies weens verskillende inhoud, onkonsekwent toegepas is, afhangend van waar die oortredings begaan is. Die ordonnansies van Hibberdene was by-voorbeeld nie dieselfde as dié van Margate nie, en daar was talle dis-krepansies. Vir polisiemanne en beskermingsdienste-personeel was dit moeilik om konsekwent toe te pas. Wat op een plek ‘n oortreding was, was bv. elders nie ‘n oortreding nie.

Die nuwe verordeninge het streng bepalings oor bv. openbare gedrag, moets en moenies oor plantegroei, die maak van geraas, rommelstrooiery, onaanvaarbare gedrag met voertuie, rolskaats- of skaatsplankry in die openbaar, die obstruksie van verkeer of voetgan-gers, die gebruik van insekdoders en gif, openbare geboue, en die slag van diere om kulturele redes. Niemand mag in ‘n openbare plek onwelvoeglike, offensiewe of aanstootlike gedrag openbaar nie, dreigende of vuil taal gebruik, urineer of ontlas, bad, klere of diere was, seksueel verkeer, naak rondloop of geslagsdele ontbloot, enige alkohol drink of onder die invloed van alkohol of dwelms wees, prostitusie beoefen, dobbel of enige ander onwettige bedrywighede beoefen nie. Die verordeninge bepaal ook dat niemand in die openbaar mag bedel vir geld of goedere nie.

Die bepalings oor die maak van geraas is ook baie streng. Niemand mag in ‘n openbare plek enige geraas maak van watter aard ook al indien dit ander mense benadeel nie. Geen klanktoerusting mag naby of buite die deur van enige perseel geplaas word om enige openbare aankondigings te doen, klante te lok of enigiemand anders te vermaak nie. Motorbestuurders mag nie toelaat dat ge-amplifiseerde klank of klank uit hul voertuie kom wat hoorbaar is oor ‘n afstand van meer as 50 meter nie.

Toeters mag nie onnodig gebruik word nie, en die toere van voertuig-enjins mag nie opgejaag word tot ‘n vlak dat dit ander mense steur nie.

Daar is verskeie ander uiters belangrike bepalings in die verordeninge, wat uiteraard nie volledig in ‘n berig soos hierdie aangehaal kan word nie. Indien u die volledige stel verordeninge wil lees, gaan na die volgende internet-adres: www.ehowzit.co.za/news/municipal/rnm-by-laws

Die ooglopende sleutelvraag is nou: Hoe streng en doeltreffend gaan die bepalings toegepas word. Indien wel, sal dit talle irriterende en woede-veroorsakende dinge laat verdwyn, en van die Suidkus ‘n baie aangenamer plek maak as wat dit reeds is. Sonder onverbiddelikheid sal die toepassing nie maklik wees nie. Net die tyd sal leer of die (politieke?) wil daar is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.