Scot Scott, nou aktiewe suikerboer

2016-01-28 06:00
Scot en Renette Scott. Foto: johan pretorius

Scot en Renette Scott. Foto: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE uwe het in sy loopbaan oor baie jare letterlik tientalle onderhoude met mense gedoen. Maar nog nooit het ek voor my rekenaar-tik-masjien gaan sit met soveel inligting op papier en in my kop om te verwerk oor een mens nie.

In die tagtigerjare en daarna was Scot Scott ‘n bekende naam en gesig in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld. Hy was ‘n ster in films en TV-reekse soos Agter Elke Man en Skattejag, om net twee te noem, en hy was 15 jaar lank ‘n kontinuïteits-aanbieder by M-Net. Hy was later ook betrokke by TV-reekse soos die Fortuinsoekers, maar het vir alle praktiese doeleindes van die vermaaklikheidstoneel af “verdwyn”, behalwe vir ‘n optrede hier en daar by spesiale geleenthede op die Suidkus.

Scot woon reeds sedert 2004 op die suikerplaas van 90 hektaar, Burleigh Farm, en ek het gaan kuier. Die plaashek is maar enkele kilometer van Marine-rylaan in St Michael’s, en die see kan van die erf af in die verte gesien word. Sy vrou, Renette, het gesorg vir die tee en koffie, en ons het aan die gesels geraak. Hy is ‘n vriendelike, welsprekende mens met ‘n ooglopend-ekstroverte persoonlikheid. Belangriker nog, ‘n man van vele talente, en hoe meer ons gesels het, hoe groter was die besef dat dit moeilik sou wees om reg te laat geskied aan sy curriculum vitae.

Maar kom ons probeer. Die 56-jarige Scot is op Zeerust gebore, in omgewing van Jagersfontein (“nie in die Vrystaat nie”). Hy het op ‘n plaas grootgeword, en “dis waarom daar boerdery in my are is”.
Hy was op Jagersfontein in ‘n drie-man laerskool, en het hom gou onderskei as ‘n buitengewoon goeie atleet. Op hoërskool was hy aanvanklik in Potch gimnasium, maar weens die drastiese styging van die petrolprys in 1973, het hy sy skoolloopbaan in die Hoërskool Lichtenburg afgesluit. Scot het verskeie provinsiale skool-atletiekrekords verwerf, en daarbewens was hy betrokke by verskeie skool-aktiwiteite, onder meer drama-opvoerings, die debatsvereniging en musiek-opvoerings.
“Ja, ek is nogal ‘n heel bedrewe musikant,” antwoord hy op ‘n vraag.

Na skool het hy sy diensplig gedoen, en twee jaar lank aan Tuks in die regte studeer. “Maar omdat ek, soos baie ander, in daardie stadium van my lewe nog nie presies geweet het wat ek wou doen nie, het ek later besef dit was ‘n verkeerde keuse. Ondanks die vrees dat mense, en my ouers, my skeef sou aankyk indien ek drama sou swot, het ek besluit dis wat ek wou doen.” Hy het die Pretoriase Technikon se drie-jarige dramakursus voltooi, en hom tot die vermaaklikheidswêreld gewend. Scot het die bynaam uit sy jeug as sy voornaam gebruik, en het rolle in plaaslike rolprente en TV-reekse losgeslaan. Einde 1983 het sy groot deurbraak gekom met die Die Hoogste Bod bod … waarna ‘n rol in Agter Elke Man gevolg het as Tant Stienie se “robbies”-seun. Ten spyte van sterk kompetisie, is hy gekies as aanbieder van Skattejag, seker een van die gewildste realiteitsreekse in die geskiedenis, en sy karakter Jack Steyn in Agter Elke Man moes sterf om dit moontlik te maak. Die reeks drie jaar lank van 1984 tot 1987 aanbied, en in die proses het hy ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika word. Hierna was hy meer as 15 jaar lank by M-Net ‘n kontinuïteits-aanbieder. Benewens sy aanbiederfunksie, was hy ook betrokke by ander M-Net-bedrywighede, onder meer die maatskappy se Afrikakanale. Hy was in verskeie programme, onder meer skoonheidskompetisies, mode-vertonings, You Name It. Scot het in dié tyd 37 Afrikalande, insluitend Egipte, besoek en daar gewerk.

Scot is in 1985 getroud, maar die huwelik is in die vroeë negentigs beëindig. Hy het ‘n 26-jarige seun, Tarquin, wat ‘n lid is van die Britse weermag.

In die laat tagtigerjare het Scot stelselmatig betrokke geraak by eiendoms-ontwikkeling, en was hy deel van verskeie hoë profiel-inisiatiewe, van hulle saam met mense soos Ernie Els en Gary Player. Weens ‘n gebrek aan ruimte kan die besonderhede nie hier verskaf word nie, maar van hulle het hy in rekordtye afgehandel. Hy was besig. Baie besig.
“Ek het my dood gewerk, sewe dae per week, en en ten spyte daarvan dat ek geniet het wat ek doen, het ek vroeg in die nuwe eeu besluit ek wil gaan boer.”

So besluit, so gedaan. Hy wou graag met wyn boer, maar omdat wynplase “bietjie duur” is, het hy besluit op suikerriet, en in 2004, na ‘n soektog van 18 maande, koop hy Burleigh Farm.

“Ek het doodseker gemaak dat daar nie grondeise ter sprake is nie, en ‘n brief van die Departement van Grondsake in dier voege ontvang. Nietemin, kort nadat ek die nuwe eienaar geword het, word ek en 40 boere in die omgewing in kennis gestel die Mavundla-familie het grondeise op ons plase geregistreer.”

Dit het ‘n nuwe era in Scot se lewe ingelui. Nadat die prokureurs wat hulle aangestel het, nie veel kon uitrig nie, het Scot self aan die werk gespring. Hy het ‘n kenner van grondeise en antropoloog, Professor J.B. Hartman van Pretoria gevra om te help. Die professor se gesaghebbende bevindings in ‘n dokument van 2 000 bladsye dat die eise ongeldig is, en die plase van die boere wat deel was van die Hartman-ondersoek, is in 2010 deur die Grondeisehof ontlys. Soos Scot dit stel: “Dit was ‘n moeilike en stresvolle tyd. Dit het letterlik twee jaar uit my lewe geneem.”

Vandag lei Scot en sy vrou Renette, met wie hy in 2000 getroud is, ‘n normale plaaslewe. Hulle het nie kinders nie, maar verskeie honde is ooglopend die waardige plaasvervangers. Scot is ‘n suikerboer in murg en been, en was, en is lid, van verskeie landbou-organisasies, onder meer die Izotsha-boerevereniging, Kwanulu se verteenwoordiger aan die Suidkus, voorsitter van die Umzimkulu Cane Growers Organisation en die Local Cane Growers Council.

Hy voel baie sterk oor sekere neigings in die landbou “wat die regering baie beter kan bestuur”. Hy glo ook aan ‘n “regverdige, demokratiese gemeenskap waar die regte van almal gerespekteer word, ongeag velkleur, geloof of politieke oortuigings”. Dit kos nie veel om agter te kom hy dink die land kan baie beter bestuur word nie, en dat aspekte hieroor in sy binneste woel nie.

Hy voel baie sterk oor verwaarloosde kinders en meen daar is nie genoeg ondersteuning van die regering nie. Hy is ‘n groot ondersteuner van die Abraham Kriel-tehuis, en is betrokke by verskeie welsyns-aksies, onder meer met die samewerking van die Golden Lions se bestuur. Dis maklik om jaloers te wees op Scot Scott. Na ‘n vol lewe in verskeie bedrywe, met onder meer 19 televisiereekse op sy kerfstok, is hy nou ‘n suksesvolle suikerboer naby St Mike’s met ‘n uitsig oor die see, op ‘n relatief jong ouderdom. Dis nie almal beskore nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.