Seerkry

2016-03-24 06:00

STILTETYD


DAAR is darem baie seer in ons dag. Seer oor mense wat hulle werk verloor. Seer oor mense wat mekaar aan die keel gryp. Seer oor families wat van mekaar verwyder raak. Seer wat nooit hanteer is nie, vorm eelte om die hart. Seerkry is ‘n diep ervaring wat mens nie regtig in woorde kan omsit nie.

Eers as jy ‘n ander se seer beleef, word jy gekonfronteer met jou eie seer. ‘n Mens kry soms raad oor jou eie seer as jy sien hoe ander dit hanteer het. ‘n Mens verstaan eers jou eie diepste slegte belewenisse as jy vir ‘n oomblik ‘n kykie kry in ander se negatiewe ervarings.

In Psalm 31 lees ons iemand wat so seergekry het en verneder is, dat hy liggaamlik siek geword het vanweë sy nood. Vers 14 beskryf hoedat sy vyande hom uit die samelewing wou verwyder.

Sommige se seerkry is bekend. Jy sien dit in hul liggaamshouding. Jy tel dit op in wat hulle nie sê nie. Sommige kry dit reg om hul seer vir ander weg te steek. Dalk is jou seerkry in jou huwelik en gesin. Dis dalk ‘n geheim wat jy jare met jou saamdra.

Vandag kan jy saam met Psalm 31:10 uitroep: “Wees my genadig Here, want ek is in die nood.” “My tye is in u hand.” Lê jou nood in gebed voor die Here. Natuurlik is die seer daar, maar jy dra dit dan nie meer alleen nie. Die hand van die Here is in die Bybel ‘n teken van redding uit nood. Sy hand is sag en simpatiek genoeg om jou pyn te genees.

Onthou egter dat genesing ‘n proses is wat jy met die Here en met ander wat kan luister moet deurpraat.

Die Here lei ons nie om die hartseer nie, maar daardeur, selfs al voel dit of Sy hand mis vat. Kom met jou seer na die Gekruisigde Christus. Deur Sy wonde is daar genesing, vir jou.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.