Senior amptenare van die Onafhanklike

2018-03-15 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Verkiesingskommissie het die afgelope tyd by twee geleenthede hier op die Suidkus ‘n dringende beroep gedoen op kiesers om seker te maak dat hul adresse op die kieserslys korrek is.

Hulle het daarop gewys die Grondwethof het in 2016 bepaal die kommissie het tot die einde van Junie 2018 om die kieserlys op datum te kry met alle beskikbare en korrekte adresse. Daar was in die verlede te veel gevalle waar mense in wyke gaan stem het waar hulle nie woonagtig was nie, weens onduidelike of onvolledige adresse.

Mr. Sphiwe Yeni het die munisipaliteit Ray Nkonyeni in ‘n raadsitting gevra om byvoorbeeld te verseker dat adresse meer herkenbaar gemaak word want talle van hulle op die kieserslys is vaag weens onduidelike munisipale indelings.

Op ‘n media-konferensie het hy en die plaaslike kommunikasiebestuurder Sihle Mbatha die versekering gegee die kommissie het reeds alles wat moontlik is, gedoen om te verseker die kieserslys vir 2019 is so volledig as moontlik.

Inligting is ingewin van ander staats-inligtingorganisasies soos Sassa, Telkom, die Poskantoor, en die Departement van Binnelandse Sake. Daar is 362 778 geregistreerde kiesers in die Ugu-streek. Net meer as 246 000 het adresse, 113 022 het nie adresse wat by die Ray Nkonyeni-munisipaliteit geregistreer is nie, en 50 958 is sonder adresse hoegenaamd. Die amptenare het daarop gewys dat die kiesersys die kern is van verkiesingsintegriteit. Die gehalte van die kieserslys is die hoeksteen van geloofwaardige, vrye en regverdige verkiesings.

Dit beteken ook dat alle stemgeregtigdes se name in die korrekte segmente van die kieserslys opgeteken moet wees.

Dit is belangrik dat kiesers akkurate adresse verskaf, en indien dit nie gedoen word nie, kan dit lei tot aanklagte van verkiesingsbedrog.

Kiesers word dus gevra om die komende naweek van 10 en 11 Maart hul stembusse te besoek as deel van ‘n nasionale veldtog om die kieserslys op te dateer vir die verkiesing van 2019.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het reeds aangekondig dat al 22 612 stembusse die komende naweek van 10 en 11 Maart tussen 8vm en 5nm oop sal wees om nuwe kiesers te help om in hul korrekte stemdistrikte te registreer, en om geregistreerde kiesers wie se besonderhede nie op die kieserslys is nie, te help om die nodige wysigings aan te bring.

Die Hoof-verkiesingsbeampte, Sy Mamabolo het onlangs verklaar die komende registrasie-naweek is die hoogtepunt van ‘n tweejaarprojek om die adresse van alle stemgeregtigdes te bekom, en om te verseker hulle is in die korrekte distrikte geregistreer. In Maart 2016 het die kommissie die volledige adresse van slegs 34 persent van geregistreerde kiesers gehad. Nou is dit reeds 75 persent. Onvolledige of generiese adresse is van 34 persent in Maart 2016 verminder tot 14 persent.

In Oktober 2017 is ‘n aanlyn-fasiliteit geskep vir geregistreerde kiesers met internet-toegang om hul adresse te hersien of te verskaf by http://www.elections.org.za Mamabolo het verklaar ten spyte van al die buiten gewone en spesiale maatreëls, was daar in daardie stadium nog steeds 2.8-miljoen kiesers vir wie die kommissie nie adresse gehad het nie, en ‘n bykomende 3.5-miljoen adresse wat ‘generies’ of onvolledig was.

Dit is dus dringend noodsaaklik, soos die plaaslike amptenare verlede week uitgewys het, dat alle nuwe kiesers die komende naweek registreer, en bestaande kiesers hul adresbesonderhede kontroleer. Veral diegene wat verhuis het.

Suid-Afrikaanse burgers 16 jaar en ouer met amptelike identiteitsdokumente, soos gekodeerde ID-dokumente, ‘slimkaart-ID’s’ of tydelike identiteitsdokumente, kan as kiesers registreer.

Mnr. Yeni het verlede week daarop gewys dat meer inligting bekom kan word by die Verkiesingskommissie te kontaksentrum by 0800 118000, Maandag tot Vrydag, tydens kantoorure. Geregistreerde kiesers kan ook hulle ID- nommer na 32810 sms om ‘n sms te ontvang met die adres van hul stembus.

Om besonderhede aanlyn aan te pas, gaan na die kommissie se webwerf by https://www.elections.org.za/MyIEC/Account/Register.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.