Shelly Beach se top sakevroue

2015-12-03 06:00
Foto: johan pretorius Bev de Kock en Lyn Palmer, susters en sakevroue soos min.

Foto: johan pretorius Bev de Kock en Lyn Palmer, susters en sakevroue soos min.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

INWONERS van die Suidkus ken baie lank reeds die haarsalon Partners in die Spar-sentrum in Shelly Beach, en die twee susters wie se besigheid dit is. Twee vroue wat in hul lewens deur diep waters gegaan het, vandag ‘partners’ en baie na aan mekaar is. Lyn Palmer en Bev de Kock. Bev behartig die finansiële sy van die onderneming, en Lyn, met haar kenmerkende blonde krullebol, is die deskundige haarstilis wat by die beste leermeesters in Johannesburg geleer het om puik standaarde te handhaaf. Lyn stileer en sny self nog mense se hare, en Bev, in Lyn se woorde: “Sorg dat ek nie te veel geld uitgee nie.” Albei maak geen geheim daarvan nie: hul werk is hul passie.

Die uwe is reeds sedert 1998 een van Lyn se klante, en tussen ons hou ons seker ‘n rekord wat moontlik sal kwalifiseer vir die Guinness Book of Records. Sewentien jaar lank reeds, ononderbroke, sny Lyn die uwe se hare minstens ses keer per jaar. Sy praat periodiek goeie Afrikaans, en in antwoord op ‘n vraag hieroor het sy gesê “maar ek is mos eintlik ‘n boeremeisie”.
Haar ouers was Afrikaanssprekendes, ‘n nooi Van der Westhuizen wat met ‘n De Kock getrou het, en in die middel van die vorige eeu net na die oorlog weens ‘n tekort aan werkgeleenthede na Luanshya in Zambië geëmigreer waar haar pa by ‘n myn gaan werk het.
Hulle was oorspronklik vier susters, en het soos rabbedoes grootgeword omdat daar nie seuns in die gesin was nie, ‘n baie gelukkige kinderlewe gehad, en na aan die natuur en die inheemse bevolking gelewe.
Hulle het uiteraard in Engels skoolgegaan, en die taal het noodgewonge ‘n groter rol in hul lewens gespeel as hul moedertaal.
Hulle maak egter geen geheim daarvan nie dat hulle trots op hul herkoms is, en veral Christelike waardes wat hul ouers by hulle ingeprent het. In die middel van die sestigerjare het die gesin Suidkus toe gekom, waar hul pa en ma ‘n losieshuis op Ramsgate bedryf het. Lyn is Johannesburg toe waar sy by die beste haarstiliste haar professie geleer het.

Die twee se lewenspaaie het verskeie draaie met hulle gemaak. Hul susters en ouers is oorlede. Albei was twee keer getroud, maar is geruime tyd reeds in gelukkige, vaste verhoudings.
In 1979 was Lyn, nou 65 en vyf jaar ouer as Bev, in Johannesburg betrokke in ‘n ernstige motorongeluk wat amper haar lewe gekos en groot trauma veroorsaak het. Kort na hul pa oorlede is, is hul ma en een suster, wat gestremd was omdat sy in haar jong jare giftige plantmateriaal ingekry het, deur rowers in hul huis oorval. Hul suster het dit oorleef, maar hul ma nie.

Lyn het in die vroeë tagtigerjare Suidkus toe gekom, haar eie salon begin, na tien jaar teruggegaan Johannesburg toe, dit gehaat, en was baie gou terug.
In 1997 begin sy Partners saam met vennote, en sedertdien is sy deur ‘n paar “besigheidsknikke”, maar het vasgebyt, sus Bev het 10 jaar gelede by haar aangesluit, en vandag is dit ‘n welvarende onderneming met ‘n gevestigde klandisie, sowel plaaslik as onder besoekers.

Dis duidelik die twee susters se persoonlikhede verskil. Bev is die een wat van pret hou, Lyn beskryf haar as ‘n “partytjiedier”, en Lyn self is gelukkig by die huis met ‘n boek.
Net nie fiksie nie. Sy is versot op visvang, en sy en haar lewensmaat, ‘n suksesvolle sakeman, is gereeld op die see of by die viswater. Albei die susters is in hierdie stadium van hul lewe rustig, en gelukkig. Lyn se stiefseun is met een van haar susters se dogters getroud, en sy is die “ouma” van drie “kleinkinders”.

Hul lewensfilosofie? “Ons hou van wat ons doen. Dis ons passie vir ons professie wat ons dryf. Wat jy doen, doen dit goed.
Help mense om hulself te verbeter … ons doen dit met ons personeellede.
Ons hou van mense, om met hulle te werk, en meegevoel en empatie met hulle te hê. En dan baie belangrik -geloof in God. Daarsonder kan niks gebeur nie.”

Hoe lank nog werk? “Nee wat,” sê Lyn, “aftrede is nie vir ons nie. Solank ek kan, sal ek doen wat ek nou doen. Dis bevredigend, en lekker.”

Hierdie “partnership” is nog lank nie verby nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.