Sosiale media – voordeel of vloek?

2016-09-29 06:00
Foto: verskaf Wêreldwyd is mense verknog aan die sosiale media en hul selfone … maar met watter gevolge?

Foto: verskaf Wêreldwyd is mense verknog aan die sosiale media en hul selfone … maar met watter gevolge?

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE uwe het die afgelope paar weke agv. werksverpligtinge weereens baie te doen gekry met die “sosiale media”, veral van die Facebook-soort. Sowel persoonlike as groep-domeine. Weereens het dit my laat besef hoewel dit ‘n waardevolle en doeltreffende manier is om inligting vinnig te versprei, bly dit een van die gevaarlikste uitvindsels in ons moderne gemeenskap. Veral as dit deur onverantwoordelike mense met hul eie motiewe en agendas gebruik word.

Die positiewe aspekte is legio - dit maak kommunikasie verspot maklik en goedkoop, dit versprei inligting blitsvinnig en is ideaal vir skrywers, bloggers, artikelskrywers en dies meer om hulself bekend te stel, dit help sake-ondernemings om hul produkte en dienste goedkoop te bemark, en dit bevorder interaksie tussen gesins- en familielede. Elkeen van ons sal ‘n spesiale rede of redes hê waarom die sosiale media groot voordele het.

Daar is egter ‘n uiters-gevaarlike negatiewe kant - sowel om ons as wêreldwyd is daar voorbeelde van die destruktiewe gevolge vir individue, gesinne en gemeenskappe wanneer hierdie media onverantwoordelik gebruik word. Soos die onlangse geval van ‘n vrou wat ‘n foto van haar geslagsdele per abuis aan ‘n sportspan gestuur het pleks van haar man.
Om nie te praat van die algehele totale verslawing van oud en jonk, baie jonk, aan hierdie media nie. Net waar jy kyk, enige tyd van die dag, in motors, op busse, in kantore, mense te voet, om jou eie etenstafel en in jou eie sitkamer, is die middelpunt van die aandag selfone of tablet-rekenaars. Sake-ondernemings het reuse-produktiwiteitsprobleme want hul werkers bestee ure elke dag in werksure om boodskappe te stuur en te beantwoord.

Hoewel ek as joernalis van meer as vyftig jaar in die bedryf groot waardering het vir die omwenteling wat dit gebring het vir die vinnige verspreiding van inligting sedert die teleksmasjien ‘n inligtingswonder was, is daar een aspek wat my kwaai omkrap. En dis wanneer elke Jan Rap en sy maat “joernalistiek” wil pleeg en ongetoetsde bewerings of “inligting” die wêreld instuur. Liggelowige lesers eet alles vir soetkoek op, veral indien dit ‘n vooropgestelde mening versterk. Professionele joernaliste wat hul bronne en feite eers toets, die audi alteram partem reël toepas om die ander kant van die saak te hoor, word dan beskou as onbevoeg of “outyds” of “aan die vyand se kant”.
Hier by ons op die Suidkus is daar sulke domeine, (soos my Engelse ouma altyd gesê het, “no names, no pack drill”), wat meer skade as goed doen met tweedehandse goedere en skinderstories.
Dis verbasend hoeveel mense hierdie domeine beskou as die vaandeldraers van geregtigheid. Hiermee wil ek nie voorgee dat alles wat hulle doen sleg is nie, trouens, hulle vervul ‘n belangrike rol, maar groot skade word gedoen met onbevestigde gerugte wat goedsmoeds versprei word.
Indien bona fide en geldige klagtes oor wat ookal aangemeld word, is daar geen probleem nie, soos wanneer belastingbetalers dit gebruik om te kla oor swak dienslewering, wat hul goeie reg is. Ongelukkig is daar diegene met politieke en ander motiewe wat veldtogte voer, dikwels met beledigende of rassistiese aanmerkings en taalgebruik.

Die ergste gevalle kom egter op nasionale vlak voor wanneer gereageer word op nuusberigte of kommentators soos Max du Preez se rubrieke. Ek het doelbewus met die oog op hierdie berig, wyer gelees as normaalweg. En ek was verstom.

Pleks van om argumente met teen-argumente te troef, word mense soos Du Preez ad hominem aangeval, en in kru en rassistiese taal uitgeskel vir als wat sleg is. Dis verstommend om te sien hoe rassegroepe mekaar aanvat op die mees onverantwoordelike manier: wit skel op swart en swart skel op wit.
In die proses lewer die sosiale media en verwante domeine ongetwyfeld ‘n groot bydrae tot ‘n gevaarlike polarisasie tussen bevolkingsgroepe.
Die Penny Sparrow-voorval en die swart student wat onlangs alle blankes wou doodmaak is goeie voorbeelde. Dis geen wonder nie dat talle publikasies nie meer kommentaar toelaat op berigte nie want dit ontaard in ‘n galbrakery en rassistiese vendettas.

Dis ook ‘n feit dat die sosiale media ‘n deurslaggewende bydrae gelewer het om outokratiese regerings wêreldwyd in die onlangse verlede tot ‘n val te bring. Dit sal egter onvergeeflik wees indien Suid-Afrika se mense toelaat dat hierdie land ondergaan omdat hulle hulleself op die sosiale media stadig maar seker vergiftig het.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.