Spyt kom altyd te laat

2018-11-29 06:01

Soms kom mens te laat agter dat die besluit wat jy uitgeoefen het in die lewe, iemand benadeel het. Dis dan wanneer die haan drie maal kraai. Die bekende verhaal van Petrus wat vir Jesus verloën in Matteus 26: 69-75 dien elke Paastyd daartoe om ons nederig te hou. Petrus laat die Een wat hom boweal liefgehad het, in die uur van Sy grootste nood in die steek. Dit laat vir Petrus ontroosbaar en die damwal van trane weerspieël sy innerlike droefheid.

Ons het almal al besluite geneem waaroor ons spyt is. Ons is in die steek gelaat en het iemand in die steek gelaat toe hy of sy ons die nodigste gehad het. Ons wou almal al ons tong afbyt nadat ons iets uitgeblaker het voordat ons gedink het.

Ons het almal in ons lewens ’n onafgehandelde saak uit die verlede wat aan ons vreet. Dit laat ons met diep gevoelens van ontsteltenis.

Petrus huil trane van berou. Daar is ’n groot verskil tussen ware berou en om spyt te wees. Judas het vir Jesus verraai en sy onverwerkte gevoelens lei tot die dood. Petrus kom tot inkeer en word deur Jesus herstel in sy posisie as leier van die groep dissipels. Ons almal bevind ons die een of ander tyd waar Petrus hom bevind het. Dis ’n heerlike partytjie. Daar is goeie wyn. Die geselskap ruk bietjie hande uit. Na die tyd verstaan ons nie wat oor ons gekom het nie. Ek het Jesus in die steek gelaat. Die pad terug is nie maklik nie. Daar is egter altyd ’n pad terug. Daardie pad loop langs die kruis van Christus verby. Daar hoor ons Hom bid om vergifnis vir hulle wat nie weet wat hulle doen nie. Jy wat hier lees, loop nou al te lank met daardie skuldlas saam. Christus het jou lankal vergewe. Dis tyd dat jy opstaan uit die as. Spyt kom altyd te laat, maar ware berou nooit nie. Spyt dryf jou weg van Jesus. Berou lei tot herstel. Die bekende uitdrukking lui mos: “Dis nie hoeveel keer jy val nie, maar hoeveel keer jy opstaan.”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.