Staatmakers

2018-06-28 06:02

ELKE gemeenskap het sy staatmakers. Dit is die mense wat voorloop in die gemeenskapsforums, in die kerk, in die skool of bestuursliggaam, in die polisiëringsforum, in watter liefdadigheidsorganisasie jy kan dink. Staatmakers.

Mense op wie jy reken. Mense wie se ja ja is en wie sê nee nee is. Dis dikwels mense wat intrinsiek gemotiveer word, m.a.w mense wat nie deur eksterne druk of ’n begeerte om erkenning gemotiveer word nie. Dis mense wat met die onlangse waterkrisis langs die Suidkus hul kant gebring het. Daarteenoor vind jy in die gemeenskap ook mense wat moeilik uit die blokke kom. Hulle is negatief ingestel en kla oor alles. Jy vind hulle egter nie besig om voor te loop om deel van die oplossing te wees nie.

In Matteus 21:28-32 vertel Jesus die gelykenis van die twee seuns wat deur hul pa versoek is om in sy wingerd te gaan werk. Die een sê aanvanklik nee, maar kry later spyt en gaan. Die ander sê dadelik ja, maar gaan op die ou end nie daar werk nie. Jesus het natuurlik die gebreke in die amptelike godsdiens van Sy dag oopgevlek. Hulle was soos die seun gewees wat ja gesê het maar nee gedoen het.

Aan die ander kant was daar baie uitgeworpenes, soos die prostitute en tollenaars wat aanvanklik vir God se roepstem nee gesê het, maar toe van besluit verander het, toe Jesus met hulle paaie kruis. Hulle word die staatmakers. Dit is hulle wat die koninkryk sou beërwe maar die ander sou buite bly.

Daar is mense in elke gemeenskap wat jou die wêreld sal beloof, maar nooit die daad by die woord voeg nie. Dink maar aan die besigheid wat belowe om jou oor ’n uur terug te bel en dit nie doen nie. Jy kan nie op hulle staatmaak nie.

Hulle toon groot belofte maar daar is geen vrug nie. En jy? Praat jy baie, maar voeg selde of nooit die daad by die woord? Ander weer het ’n ontmoeting met Jesus die dienaar by uitnemendheid gehad. Dit het hulle verander. Is jy een van hulle, die staatmakers in ons gemeenskap sonder wie ons nie kan klaarkom nie?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/World
 

Our top picks for doggo post of the week

All the best social media shared posts about our favourite furry friends!

 

Paws

Meet the unstoppable two-legged cat taking over the interwebs!
10 foods you should NEVER feed your dog!
Pet owners are spending thousands on animal birthday parties! Here’s why…
WOOF Project: The pop-up dog adoption station
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.