STILTETYD

2015-12-17 06:00

Om oor te klim

DIE skrywer van die liedjie: “Vat die trein na Margate toe” het seker ‘n baie diep bedoeling met die lied gehad, want daar is geen trein na Margate toe nie. Die term “om oor te klim,” is seker nie aan ons almal meer so bekend nie. Lank, lank gelede in Suid Afrika het ons meesal met die trein gaan vakansie hou in die Kaap. Dan het jy by êrens by ‘n stasie oorgeklim op ‘n ander perron en die trein het verder gestoom. Die bekende Ferdinand Deist beskryf die lewe as ‘n treinreis, ‘n reis tussen twee stede sonder ‘n direkte verbinding. Hy beskryf die lewe as ‘n treinreis, ‘n reis tussen twee stede sonder ‘n direkte verbinding, êrens moet jy oorklim, miskien meer as een keer.

Tussen die beginpunt van gebore word en die eindpunt van te sterwe lê daar ‘n hele aantal tye op die rooster van die lewe. Nou weet ons dat die lewe nie altyd voorspelbaar is nie. Daar is gedurig oorstap of oorklimpunte in die lewe. Of ons trek na ‘n nuwe dorp, of ons verander van werk, die geboorte van kinders, die eerste dag en die laaste dag van skool. Al hierdie oorgange in die lewe veroorsaak sy eie stres. Die einde van die jaar is besonder stresvol vir baie mense. Vanweë die lewenskoste hou ons al korter vakansie en rus nie uit soos ons behoort nie. Ook die Bybelse Josua het so ‘n oorgang beleef. Hy moes sy volk die Beloofde land inlei. Dit het hom onseker en angstig gemaak. Onthou, hy was die verkenner wat die volk bemoedig het met die woorde: “Ons kan!”

Daar kom egter tye in selfs die dapperste mense se lewe dat ons voel ons kan nie meer nie. Ek het vir jou goeie nuus hier by die einde van die jaar. God is by jou. Christus is Immanuel. Josua hoor in Josua 1:9 “ Wees sterk, wees vasberade, moenie bang wees nie, want Ek, Die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Hoor dit, kind van God, hier by die oorklimplek tussen die Ou en die Nuwe Jaar. Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.