Stiltetyd

2016-05-05 06:00

DIT was die immergroen Neil Diamond wat in sy lied It’s a Beautiful Noise skryf oor die straatgeluide van die stad wat hom fassineer. Uiteindelik kan geraas oorverdowend word. Gordon Hempton skryf in sy boek, One Square Inch of Silence, dat goeie dinge kom in die stil tye van mens se lewe, dinge soos studie, gebed, musiek, meditasie.

Dit is dalk die binnekamer waarna Jesus in Sy lering oor gebed in Matteus 6:6 verwys. Gaan en maak die deur toe, sluit jou ‘n oomblik af waar net jy met jouself en jou God besig is.

Ken ons hierdie stilword tye? Of sit ons en wag vir die volgende geluid van die selfoon wat vertel van ‘n boodskap wat van êrens af na ons toe biep? Is ons so gewoond aan die geraas om ons, dat ons nie meer kan afskakel nie?

Jesus praat van “afskakel” in Johannes 15:4 as hy sê dat Sy volgelinge in Hom moet bly. Hierdie bly in Jesus is ’n lewenslange proses. Iemand het aan Gustave Doré, wat ten nouste betrokke is by Spielberg, Katzenberg en Geffen se Dreamworks-span, ’n skildery van Jesus gegee wat deur een van sy studente gemaak is. Hy het Doré gevra om kommentaar daarop te lewer.

Uiteindelik het Doré dit aan die student teruggegee met die woorde: “If you loved Him more, you would have painted Him better.”

Al manier hoe jy Jesus beter sal kan uitleef – hoe jy ’n “klein Christus,” (Jesus se hande en voete in die wêreld) kan wees – is om Hom meer lief te hê, en jy sal Hom meer liefhê as jy meer tyd saam met Hom deurbring. Lees sy Woord, praat met Hom en geniet Sy teenwoordigheid. Maak tyd in elke dag vir Hom.

Skryf hierdie tyd in jou dagboek neer, of skryf daar “God”. Goeie dinge kom in die stil tye in mens se lewe - die tye saam met God. Ken jy sulke tye?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.