STILTETYD

2018-10-04 06:02

Eksamentyd is amper op ons. Dis weer sulke tyd vir boet en sus en ma en pa om matriek te skryf. Eksamentyd is toetsende tye.

Tog is toetse of eksamens nie bedoel om ons te straf nie, maar om ons geleentheid te gee om rekenskap te gee van ons arbeid. Die bekende gelykenis van Jesus oor die talente of muntstukke in Matteus 25:14-30 handel oor God wat rekenskap vra van Sy mense. Dit was natuurlik nie ’n onbekende gedagte by die Jode van Jesus se tyd nie.

Die Jode het geglo dat God aan ons ’n leerplan met reëls en wette gee om te onderhou. Eendag sal Hy dan vir ons punte gee vir ons take, goed of sleg. Dit het daartoe gelei dat godsdiens nie meer om liefdesdiens gehandel het nie, maar om pligpleging begin gaan het.

In die volksmond het hierdie gelykenis van Jesus ook begin handel oor die ontwikkeling van jou talente en so ’n moralistiese inslag begin kry.

Dit gaan eerder daaroor dat Jesus ’n lang tyd sou wegbly na Sy Hemelvaart. Dit gaan dus oor die manier waarop ons wag vir Sy terugkeer. Elkeen van God se dienaars in Sy koninkryk, (dit is die ware gelowiges wat glo dat Jesus Christus hul sondeskuld aan die kruis volledig vereffen het) ontvang die gawe van God se liefde en barmhartigheid.

Ons word nie gered om hemel toe te gaan nie, dis in elk geval ’n geskenk. Ons word gered om wyslik met die lewe om te gaan, al is sommige volgens ons berekenings beter daaraan toe as ander.

Ja, daar sal ‘n dag kom wat die bekend sal word wat jy gedoen het met jou lewe, van die geleenthede tot jou beskikking.

Ons behoort elke dag so ’n stukkie eksaminering van ons eie lewens te doen. Hoe het jy vandag iemand anders, dalk naby jou of ver van jou lyf af, geseën? Die wat gestraf word, is die wat nie eens probeer het om uit die blokke te kom nie, maar ’n lewe van passiwiteit geleef het. Hulle slaag nie die toets van die lewe of die geloof nie. Wat doen jy met die lewenskanse tot jou beskikking?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.