STILTETYD STILTETYD: Mislukking

2017-02-09 06:02

DAAR is maar min mense wat gemaklik is met mislukking. Die samelewing propageer baie sterk die beeld van sukses en prestasie. Ons praat ook nie van groot terugslae nie.

Ons praat ook van die daaglikse mislukkings of verbeelde mislukkings. Dalk verspeelde geleenthede. Hoe hanteer mense gewoonlik mislukking?

‘n Mens sou ontkenning kon gebruik as oorlewingstrategie. Mens sou ook in sak en as gaan sit en opgee op die lewe. Mens sou natuurlik ook jou lewe in ‘n ander “raampie” kon plaas.

Maw jy herinterpreteer ‘n bepaalde negatiewe gebeurtenis in jou denke en sien dit in ‘n positiewe lig. Jy werk met ‘n ander verwysingsraamwerk of kyk deur ‘n ander “lens” na die werklikheid.

Die illustrasie wat die Bybel gebruik om mislukking te hanteer help dalk. In Jeremia 18: 1-9 word die prentjie van ‘n pottebakker aan ons geskets. Hy is halfpad besig met sy meesterwerk op die pottebakkerswiel dan loop iets in die skeppingsproses skeef.

Onmiddelik stop hy alles en neem die klei en vorm dit weer tot ‘n vormlose hopie. Let op dat hy dit nie weggooi nie. Hierdie keer maak hy iets anders daarmee. Dalk nie meer ‘n beker nie, maar ‘n slaaibordjie.

As die profeet Jeremia so kyk na wat gebeur dink hy aan die “mislukkings” van Israel, God se volk destyds.

Jeremia besef skielik hoe God met mislukking werk. God verreken die skade en besluit dan om met die mislukte klei, in die geval Israel voor te begin. Hy raak nie ontslae van die klei nie, hy herskep dit.

Wil jy nie vandag jou mislukte ideale of lewe voor God kom neersit nie? Laat Hy jou opnuut op die lewenswiel vorm. By die kruis het God uit die verbryseling van Sy Seun op Golgota nuwe lewe kon skep. Jy het dalk misluk, maar jy is nie ‘n mislukking nie.

Nee, vertrou jou lewe aan die Here toe. Hy kan ‘n meesterstuk met stukkende skerwe en mislukte klei skep. Maak dit jou gebed vir die nuwe jaar: “Doen slegs U wil Heer, u wil met my,”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.