Tragedie van die ‘Titanic van sy tyd’

2016-05-26 06:00

VERLEDE week was ek deel van ‘n groep mense wat deur die plaaslike toeristemense op ‘n bootrit op die Umtamvunarivier by die Pont-vakansie-oord van Port Edward getrakteer is.

Tydens die rit het die plaaslike stadsraadslid, Dave Watson, ‘n praatjie gehou oor die geskiedenis van die São João, seker die grootste skip van sy tyd, wat by Port Edward vergaan het. Watson het hom verdiep in hierdie geskiedkundige gebeurtenis, en het so onderhoudend oor sekere aspekte gesels, dat ek besluit het om meer inligting te bekom. Die verskillende bronne stem nie altyd saam oor presies wat gebeur het, maar die volgende is ‘n breë opsomming.

Die Portugese galei, die São João, het op 8 Junie, 1552 by Port Edward gestrand. Dit was die vroegste storie oor skeepsrampe aan die kus van Suider-Afrika. Twee jaar later, in 1554, het nog ‘n groot Portugese skip, die São Bento, verder suid gestrand, ook met groot lewensverlies, en meer as 200 jaar later, op 4 Augustus, 1782 het die Grosvenor naby die mond van die Umzimvuburivier aan die Pondolandse kus gestrand, nie ver van waar die São João gesink het nie.

Die São João kan beskryf word as die Titanic van sy era. Hy was een van die grootste skepe in daardie dae, indien nie die heel grootste nie, en is gebruik op die handelsroete tussen Indië en Portugal.

Sy laaste laaste rit terug na Portugal uit Indië het na sy beplande vetrektyd begin. Die skip was swaar gelaai met waardevolle goedere, onder meer Chinese porselein en edele metale.

In Mei 1552 het die vaartuig sterk storms langs die Suid-Afrikaanse kus ondervind, en omdat sy enkelstel-seile nie in ‘n baie goeie toestand was nie, het ‘n tweede sarsie storms die seile heeltemal verflenter. Sy hoofmas en roer is ook ernstig beskadig, en die skip het begin water lek.

In hierdie feitlik hulpelose toestand het die São João landwaarts gedryf. Op 8 Junie het die bemanning die kus gewaar, en is ‘n groep per roeiboot gestuur om ‘n geskikte landingsplek te soek. Hulle het net een geskikte plek ge-identifiseer, want die res van die kus was uiters rotsagtig.

Die skipsanker is in sewe vadem water uitgegooi.

Twee bote het gesink tydens die pogings om die land te bereik, en op die derde dag het die skip landwaarts ge-dryf en is dit op die rotse deur die branders verwoes. Sowat 500 mense wat aan boord was, het die kus bereik, maar 120 het omgekom.

Die oorlewendes het 12 dae lank op die strand uitgekamp, en op 7 Julie begin met ‘n staptog in ‘n poging om die Portugese nedersetting by Delagoabaai, die huidige Maputo, te bereik. Die meeste van die oorlewendes het onderweg soontoe gesterf, of het by inboorlinge agtergebly.

Op die staptog na Delagoabaai is kaptein Dom Manuel de Sousa Sepulveda en sy vrou Leonor de Sa deur vyandige inboorlinge van al hul besittings beroof en van hul klere gestroop. Watson het vertel beskikbare inligting dui daarop dat die vrou, van adellike afkoms, haarself in die sand begrawe het omdat sy nie sonder klere gesien wou word nie.

Haar twee jong seuns het saam met haar daar gesterf, en haar man het blykbaar die bosse ingeloop na sy dood. Slegs 12 van die oorspronklike groep mense op die skip, het uiteindelik daarin geslaag om Portugal te bereik. ‘n Interessante aspek wat Watson genoem het, was dat die twee seuns, weens die adellike afkoms van hul ouers, troonopvolgers in Portugal was. Hul dood sou beslis die daaropvolgende geskiedenis van die Portugese koningshuis betekenisvol verander het.

Daar was baie lank onsekerheid oor presies waar die São João vergaan het. Aanvanklik is vermoed dat dit heelwat verder suid was, daarom is Port St. Johns na hom vernoem. Maar in 1980 het navorser Tim Maggs van die Natalse Museum in Pietermaritzburg op grond van porselein, kanonne en ander artefakte wat op die toneel gevind is, finaal vasgestel dat die skip by Port Edward vergaan het.

Die São João se stranding word jaarliks met ‘n plaaslike Portugese fees herdenk wanneer kultuurbande met Suid-Afrika versterk word.

Mense wat nog inligting oor die interessante verhaal van die São João verlang, is welkom om met Watson op 082 374 4114 in aanraking te kom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.