Uitdagings

2018-03-29 06:00

JY kry mense wat hou van uitdagings, ander deins terug van uitdagings.

Joshua J. Marine word aangehaal as sou hy gesê het: “Challenges are what makes life interesting; overcoming them is what makes life meaningful.”

Wanneer mense met ’n probleem gekonfronteer word, kan jy bedreig voel en wil vlug, of vasstaan en die probleem vierkantig in die gesig staar.

Jy kan die probleem sien as ’n uitdaging of oorweldig voel deur die probleem en dan ’n slagoffer-mentaliteit inneem. Jy kan die uitdaging ook sien as ’n groeigeleentheid. M.a.w. as iets wat tot jou voordeel is en nie teen jou werk nie.

In Matteus 17:14-21 doen so ’n groeigeleentheid hom voor aan die dissipels. ’n Man met ‘n geestelik versteurde kind kom val voor Jesus en smeek dat Hy die kind sal gesond maak. Die dissipels kon die kind nie gesond maak nie.

Daar was meer aan die gang in sy lewe en die feit dat Jesus ‘n bose gees uit hom werp vertel vir ons dat in hierdie spesifieke geval die bose ’n rol gespeel het in sy psigiese toestand. Dis nie altyd so nie, maar hier wel. Die dissipels is egter magteloos om iets aan hierdie situasie te doen.

Die uitdaging is vir hulle te groot. Ons verstaan hulle dilemma want ons het almal al met situasies te make gehad wat bo ons vuurmaakplek is. Nie so vir Jesus nie.

Jesus spreek die bose gees aan en die kind word gesond.

Die dissipels wou weet waarom hulle nie die saak kon beredder nie. Jesus sê dat hulle geloof te klein was. Geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie kan uitdagings so groot soos berge verskuif. Dit gaan egter nie oor hoeveel geloof ek in myself het nie. Geloof is altyd op Christus gerig. Hoe meer ek op Hom fokus, hoe meer verwag ek van Hom.

Hoe minder ek egter na Jesus opsien, hoe minder vertrou ek Hom om die uitdagings wat voor my inskuif die hoof te bied. As jy die maan wil sien, is die grootte van die venster waardeur jy kyk nie belangrik nie, maar die rigting waarheen jy kyk. Let op Jesus en staar jou uitdagings in die gesig!

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.