Unieke klein woestyn by Port Edward

2016-05-12 06:00
Port Edward se unieke Rooi Woestyn.

Port Edward se unieke Rooi Woestyn.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERLEDE week was daar op Facebook­ ‘n kennisgewing dat daar op Saterdag 21 Mei ‘n “Red Desert Moon Festival” op Port Edward gehou gaan word met kunstenaars soos Guy Buttery, Madala Kunene en Aden Hinds. Wat natuurlik my aandag getrek het, was die Red Desert Moon. Dit klink so Amerikaans met ‘n sekere eiesoortige nostalgiese gevoel.

Waarom Red Desert Moon? By Port Edward? Toe val dit my by - Port Edward het werklik ‘n klein woestyn, en hy is inderdaad rooi. Klein, maar ‘n regte egte, unieke woestyn. Die verskeie bronne wat die uwe geraadpleeg het verskil oor besonderhede, maar die konsensus is dit is wel ‘n woestyn, slegs 200 meter in deursnee en 11 hektaar groot, en inderdaad die kleinste van sy soort in die wêreld. Kenners beskryf dit as ‘n miniatuur-weergawe van die Arizona-woestyn met sy kaal rooi grond teen die agtergrond van die omliggende groen plantegroei.

Daar is allerhande teorieë oor hoe die woestyn ontstaan het, onder meer dat buite-ruimtelike wesens daar geland het, of dat dit die resultaat is van oorbeweiding deur Zoeloebeeste in die agtien-sestigs. As gevolg van die oorbeweiding, lui hierdie teorie, is die terrein as gevolg van die oorbeweiding deur wind ge-erodeer dat dit ‘n egte woestyn geword het.

Ek het egter op die internet afgekom op ‘n verduideliking wat Professor R. Uken van die Departement Geologie aan die Universiteit van Natal enkele jare gelede verskaf het. Volgens hom is dit ‘n klein oorblyfsel van Berea­-rooi sand wat op ‘n plat opper- vlak van Msikaba-formasiesandsteen lê. Hierdie kus-plato strek al langs die kus af van Port Edward tot by Waterfall Bluff, en dit dateer terug tot die tyd voordat Godwana ‘opgebreek’ het. Namate die ‘proto-Indiese Oseaan’ geopen het, het die eerste see-neerslae op hierdie oppervlak voorgekom. Hierdie neerslae het op ‘n paar plekke langs die kus behoue gebly en bevat see-fossiele, soos by Trafalgarstrand. Hierdie fossiele is hoofsaaklik sag want hulle is nooit diep begrawe nie. Na die Godwana-breuk was daar hernieude erosie, is die seeskulp-oorblyfselsedimente maklik weggevoer, en is die ou Msibaka-oppervlak weer ontbloot. Op hierdie oppervlak is duine gevorm op ‘n basalt-rotsbed van strand neerslae met ‘n bolaag duinesand. Die geagte professor gee nog verduidelikings wat geen leek kan verstaan nie, maar dui aan die duine het, soos vandag nog, hoofsaaklik uit kwarts-sand, maar ook skulp-fragmente en swaar minerale bestaan. Hierdie minerale is in die duine gevestig deur oksiderende grondwater wat yster in die vorm van yster-hidroksied vrygestel het. Dit het die sand die roes-Berea Rooi-kleur gegee. Skulpfragmente het kalsium karbonaat op plekke vrygestel, wat duine in rots met die naam aeolianiet verander het. Die duine langs die kus het oor ‘n lang tydperk alhoe kleiner geword weens weerfaktore en erosie, en die rooi woestyn is een van die oorblyfsels.

My eerste reaksie op bogenoemde verduideliking was ‘huh?’ As ‘n leek verstaan ek die geagte professor se verduideliking baie moeilik, maar die Rooi Woestyn bly ‘n unieke plek aan die Natalse Suidkus, en dit word gereeld deur belangstellendes en wetenskaplikes besoek.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.