Vadersdag – net nog ‘n dag waaruit sake-ondernemings geld maak?

2018-06-21 06:01

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VANJAAR se Vadersdag is op hande, net meer as ‘n maand na Moedersdag. Vier maande na Valentynsdag. Dae wat met goedbedoelde redes begin het, maar myns ontaard het in geldmaakgeleenthede vir ‘n verskeidenheid sake-ondernemings.

Dan praat ek nie eens van wat reeds met Kers- en Paasfees gebeur het nie. In verband met laasgenoemde twee is dit nie net die besighede wat skuldig is nie.

Talle mense vier lustig saam fees en dink dit gaan oor ‘n ou man met ‘n wit baard in ‘n rooi pak enersyds and andersyds oor ‘n hasie en sjokolade-eiers. Maar dis ‘n afsonderlike gesprek. Kom ons praat oor Vadersdag, en sy oorsprong.

Die gebruik om vaders te eer het in die Middeleeue ontstaan toe daar ‘n egte behoefte was om vaderskap, vaderlike bande en die invloed van vaders in die gemeenskap in Katolieke Europa te gedenk.

Dit was op Maart 19, en hierdie viering is deur die Spanjaarde en Portugese na Latyns-Amerika gebring, waar dit op plekke nog op Maart 19 herdenk word.

Dit het ook na ander dele van die wêreld versprei, maar die datum het na Junie verskuif, ter navolging van die viering van die dag in Junie.

Daar is twee weergawes van die oorsprong van Vadersdagvieringe in die Verenigde State, wat die viering van die dag oral oor die aardbol nuwe stukrag gegee het.

Die een is dat Vadersdag die eerste keer in Amerika op 19 Junie 1910 in die staat Washington gevier is.

‘n Vrou genaamd Sonora Smart Dodd het besluit om haar vader te eer nadat sy in 1909 na ‘n Moedersdagpreek in ‘n kerk geluister het.

Sy het gevoel moeders kry al die aandag terwyl vaders ook geëer moet word. Sonora se pa was nogal ‘n spesiale man.

Hy was William Smart, ‘n veteraan van die Amerikaanse burgeroorlog, wat ‘n wewenaar geword het met die dood van sy vrou toe sy geboorte gegee het aan hul sesde kind. Hy het die ses kinders alleen op hul kleinhoewe grootgemaak, en

Sonora het gevoel vaders soos hy moet erkenning kry. Sy het 5 Junie, haar vader se geboortedag, voorgestel, maar swak beplanning het die datum in Washington tot die derde Sondag in Junie laat verander.

Die ander weergawe van die oorsprong van Vadersdag is dat ene Grace Golden Clayton in op 5 Julie in 1908 aan die predikant van die plaaslike Methodistekerk voorgestel het dat dienste gehou word om vaders te eer nadat ‘n kragtige ontploffing in ‘n myn 361 mans gedood het.

Die dag is van daardie tyd af nie-amptelik in Amerika gevier, maar eers in 1924 het President Calvin Coolidge aanbeveel dat dit tot ‘n nasionale vakansiedag verklaar word. Dis egter nie gedoen nie, maar die gewildheid van die dag het toegeneem. Eers in 1966, het President Lyndon Johnson die derde Sondag in Junie as die amptelike Vadersdag laat verklaar. In 1972, tydens die administrasie van President Nixon, is die dag in Amerika tot ‘n openbare vakansiedag verhef.

Die viering van die dag het wêreldwyd toegeneem, en word oral gevier, die meeste lande in unie, maar ook in ander maande. Suid-Afrika het fie meerderheid gevolg, en eer vaders op die derde Sondag in Junie. Behalwe die oordrewe kommersiële aspek, waarmee die uwe ‘n groot probleem het, kan die vraag gevra word waarom hierdie spesiale dae uitgesonder moet word. Moet moeder en vader nie elke dag van die jaar geëer word nie?

En indien ‘n spesiale dag wel nodig is, vergeet ons nie in die res van die jaar van vader of moeder net om deur die dag een maal per jaar aan hul teenwoordigheid op aarde herinner te word nie? Dalk alleen in ouetehuise? En dan wonder ons half omgekrap ‘wat gaan ek nou vir ma of pa koop?’

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.