‘Vaping’: ‘n Gesonder gewoonte of nuwe lewenstyl-gier?

2018-08-02 06:00
‘n Gewoonte wat met rasseskrede toeneem, maar alhoe meer teenkanting kry.FOTOS: VERSKAF

‘n Gewoonte wat met rasseskrede toeneem, maar alhoe meer teenkanting kry.FOTOS: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

STAP vandag deur winkelsentrums. Nie net hier in ons omgewing nie, maar veral in die groot stede, dan kom ‘n mens agter daar is ‘n ‘nuutjie-gewoonte’ wat skielik met rasseskrede toegeneem het. Sekere wat vol rookdampe en geure is, en mense wat met spesiale ‘elektroniese of e-sigarette’ dampe inasem om te besluit watter geur vir hulle die lekkerste is.

Die Engelse woord is ‘vaping’, en ek kon nog nêrens ‘n Afrikaanse vertaling daarvoor kry nie. Kom ons hou dus by die oorspronklike woord.

‘Vaping’ is nie nuut nie……dit bestaan minstens 10 jaar reeds, en is algemeen bekend as die effektiefste manier om jou sigaret-nikotienverslawing te verbreek met ‘n minder-skadelike alternatief. e-Sigarette brand nie soos die nikotien-weergawe nie, maar verhit ‘n chemies-gegeurde vloeistof. Die wasem of stoom wat dan veroorsaak word, word deur die gebruiker ‘gerook’. Oftewel, in die longe inge-asem.

Daar is talle mense wat opgehou sigarette rook het en nou ‘vape’.

Van die mengsels bevat nikotien, ander nie. Mense wat opgehou sigarette rook het, maar die behoefte aan nikotien behou het, meen dis baie gesonder want anders as sigaretrook, is daar geen skadelike ontbrandingsproses nie. Een van die voordele van vaping, word gesê, is die magdom geure wat beskikbaar is, en die feit dat daar geen nikotien in jou mengsel hoef te wees nie. Die ooglopende vraag is natuurlik is ‘vaping’ sleg vir jou, al is dit nie so skadelik soos sigaretrook nie?

Navorsing op die internet toon dat daar talle verskillende aspekte wat in ag geneem moet word, en dat daar uiteraard ‘n magdom menings oor ‘vaping’ is. Wanneer iemand ‘n sigaret rook, word chemies-behandelde tabak aan die brand gesteek en die rook inge-asem.

Die klein partikels in rook dring lewende weefsel binne, soms met ernstige newe-effekte. Met ‘vaping’ is daar geen ontbranding nie, en wat jy inasem is gegeurde wasem of stoom. Daar besaan geen twyfel dat die proses gesonder is as sigaretrook nie, maar daar is meningsverskil of ‘vaping’ nie dalk ernstige newe-effekte van sy eie het wat dalk nog nie bekend is nie.

Konsensus bestaan in die mediese wêreld dat daar geen rede is vir iemand wat nie rook nie, om die ‘vape’-gewoonte te begin nie. Die goeie nuus is dat die meerderheid ‘vapers’ rokers of gewese rokers is. Van die nuwe ‘vapers’ het weens die nuwe gewoonte sigarette gelos en ontsnap aan hul verslaafdheid aan nikotien.

Daarenteen is daar mense wat opgehou rook het, maar nikotien as deel van hul ‘vape’-mengsel behou. ‘n Gesaghebbende Europese studie het in 2016 bevind dat 15-miljoen sigaretrokers in Europa óf opgehou rook het, óf minder sigarette rook nadat hulle die sogenaamde e-sigarette ontdek het. Navorsers in Brittanje het bevind dat ‘vaping’ minstens 95% veiliger is as sigaretrook. Die Amerikaners was tot dusver nie bereid om dieselfde mening te huldig nie, blykbaar omdat daar soveel verskillende faktore by die saak betrokke is.

Soos byvoorbeeld skade wat aangerig kan word indien die mengsel om die een of ander rede oorverhit word.

Dit lyk egter asof medici in die algemeen saamstem dat ‘vaping’ help om die nadele van sigaretrook te verminder. ‘Vaping’ met nikotien as bestanddeel? Die feit bestaan dat nikotien ‘n verslawende chemiese stof, stimulant en kankerverwekkende stof is.

Jy vermy die verbranding en nadelige proses waardeur nadelige chemiese stowwe vrygestel word, maar die nikotien word steeds ingeneem. Dus ‘n baie komplekse argument met vele fasette.

Die Amerikaanse navorsers stem egter saam oor een ding: ‘n Mens se longe funksioneer optimaal met skoon, suurstofryke lug.

Intussen is daar vindingryke sakemanne wat goed geld maak met nuwe ‘vapers’ wat met rasseskrede toeneem, en dit lyk asof dit ‘n ‘lewenstylgier’ is wat veral onder jong mense en tieners gaan groei.

Net die tyd sal leer of die gewoonte soveel veiliger is as sigaretrook as waarop aanspraak gemaak word, en hoe lank dit gaan neem voordat nie-‘vapers’ daarop gaan aandring dat niemand dit naby hulle doen nie. Die uwe meen daardie oomblik is redelik naby.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.