Vergenoegdheid

2016-10-13 06:00

WANNEER is genoeg genoeg? Spreuke 30:15 maak hierdie toepaslike opmerking: “Die bloedsuier het twee dogters, hulle is gee en gee.”

Dit handel oor ander sake, maar verwoord die saak van onvergenoegdheid mooi. Onvergenoegdheid is die siekte wat maak dat mens nooit tevrede is nie, nooit genoeg het nie, nooit versadig word nie. Dit is duidelik dat dit nie ‘n kwaal van die Bybelse tye was nie, maar nog altyd met die mens was. Soms word mense verslaaf aan stimulasie, soos eenkeer getoets is by ‘n groot popmusiek konsert.

Daar is gekla dat die musiek te sag was. Dit is toe harder gestel by die volgende konsert. Weer is gekla oor die klank. Dit is weer opgestel, todat van die mense begin kla het oor gehoorverlies! Ons weet egter almal uit ervaring dat as jy plesier of genot of stimulasie najaag jy nooit regtig die punt bereik waar jy kan sê nou is jy vergenoeg of tevrede nie.

Eenmaal het een van die groot Bybelfigure Paulus uit die tronk geskryf: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.”

Hy het dit nie gesê omdat hy van nature ‘n positiewe mens was of min behoeftes gehad het nie. Hy het geweet wat armoede en oorvloed was. Hy het dit gesê omdat hy in die leerskool van God was.

Hy skryf die woorde ook nie vanuit die gemakstoel van sy duur vliegtuig nie. Hy skryf die woorde uit die tronk. Paulus het Christus se krag geken en daarom goddelike perspektief op die lewe gehad.

Sy prioriteite was reg en hy was altyd dankbaar vir wat God Hom uit genade gegee het. Wanneer jy self dalk gebrek ly, of onvergenoegd is omdat jy met minder moet klaarkom as wat jy graag wou, moet jy leer om nie verwytend teenoor God te wees nie, maar op sy wysheid en beloftes te vertrou. Wees dankbaar vir wat jy het, moenie fokus op wat jy nie het nie.

God sal in al jou behoeftes voorsien, en wel op ’n wyse wat Hy weet die beste vir jou is.

Genoeg is genoeg.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.