Verkragting en aanranding van vroue en kinders: SA mans se nasionale sport?

2018-12-13 06:02
FOTO: verskafSeksuele geweld en verkragting is endemies aan Suid-Afrika. Wat gaan ons daaraan doen?

FOTO: verskafSeksuele geweld en verkragting is endemies aan Suid-Afrika. Wat gaan ons daaraan doen?

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HIERDIE onderwerp is reeds voorheen in hierdie rubriek aangeraak, maar die verkragting van ‘n vrou in haar vyftigs by ‘n restaurant in Umtentweni, en die sesjarige kind wat dieselfde lot te beurt geval het in die toilet van ‘n bekende restaurant, is maar net twee kritieke voorbeelde van wat elke dag in ons land gebeur. Omdat ons nou midde-in ‘n aksieveldtog teen die mishandeling en verkragting van vroue en kinders is, is dit dalk net nodig om die saak weer aan te raak.

Die jongste amptelike statistiek toon dat alhoe meer vroue en kinders in Suid-Afrika vermoor en seksueel aangerand word. Van die 20 266 moorde in die jaar 2017/2018 was 2930 vroue, en 985 kinders. Dit beteken dat daar elke dag gemiddeld 57 mense, van wie agt vroue en twee kinders, vermoor word. Van hierdie kinders is met pangas, messe en ander wapens vermink.

Die aantal seksuele oortredingsake in die betrokke jaar was 50 108, ‘n toename van 0.9%. Dit is reeds bekend dat Suid-Afrika een van die lande met die meeste verkragtings per capita is, en daar word reeds in internasionale diplomatieke kringe na ons land as die ‘verkragtings-hoofstad’ van die wêreld verwys.

Omdat daar min ruimte is in ‘n rubriek soos hierdie om so ‘n gewigtige saak in diepte te bespreek, sal ‘n kritieke voorbeeld van ‘n jong meisie van Stellenbosch se ervaring ‘n idee gee van watter hel betrokkenes daagliks deurmaak. ‘n Meisie, kom ons noem haar Thembi, is verkrag toe sy 10 jaar oud was. Sy het feitlik elke nag nagmerries gehad. Haar vriende op kosskool het haar gereeld gevra waarom sy huil en met iemand ‘in haar slaap baklei’. Vanjaar, toe sy 15 jaar jaar oud was, is sy seksueel aangerand. Haar moeder het haar ‘n dag na die aanranding polisiestasie toe geneem om ‘n aanklag te lê, en in die polisistasie is Thembi deur ‘n lid van die publiek rondgestamp.

‘n Paar dae later het die moeder se oudste dogter gebel en vertel dat iemand besig is om Thembi seksueel aan te rand. Die dogters was by hulle stalletjie wat vleis verkoop, nie ver van die huis af nie. Toe die ma daar kom, het Thembi in die straat gestaan en huil, omring deur mense. Thembi het haar vertel ‘n dronk man, bekend in die gemeenskap, het Thembi se borste betas, en toe sy hom wegstoot, het hy haar geklap. Die moeder het die polisie ontbied, en hulle gevra om die man te soek. Hulle het haar meegedeel dis nie moontlik nie, en hulle gevra om polisietasie toe te gaan om ‘n klag te lê. Die polisie het nie aangebied om hulle soontoe te neem nie, hulle moes self soontoe loop, in die nag, oor ‘n spoorlyn. Wat nie moontlik was nie.

Thembi se moeder het haar die volgende dag na die polisiestasie geneem. Daar moes hulle in ‘n lang tou staan en wag. Die polisiemanne aan diens het geweet waaroor hulle daar is, maar het hulle nogtans laat staan en wag, pleks daarvan om hulle na ‘n traumakamer te neem. Onderwyl hulle gewag het vir ‘n speurder van die Stellenbosch se Gesins-eenheid, het ‘n ou, dronk ‘oupa’ na Thembi toe geloop en sy arms om haar gesit. Thembi het haar teëgesit en haar moeder moes die ou man fisies wegpluk, waarna die polisie hom weggeneem het.

Die stasiebevelvoerder het later om verskoning gevra vir die behandeling wat ma en doggter gekry het. ‘n Paar dae later het Thembi die man wat haar seksueel aangerand het, by die braaistalletjie gesien, en hy is eers ses dae later in hegtenis geneem. Hy is op borgtog vrygelaat, en sal eers later in die hof verskyn. Thembi gaan nou skool on die Paarl, en slaap by die huis. Volgens haar ma is sy nog uiters getraumatiseerd, en gaan nooit alleen die huis uit nie.

Thembi se geval is maar net een van duisende in Suid-Afrika, en die trauma wat die familielede van hierdie mense moet ervaar, is seker die ergste denkbaar. Dink maar aan die vrou van Umtentweni, haar naaste familie en die sesjarige kind van die restaurant en haar familielede. Dis erg.

Die ooglopende vraag, soos met talle ander probleme in Suid-Afrika, is: Hoe beëindig ‘n land hierdie verkragtings, aanrandings, moorde en dies meer? Die antwoord is nie maklik nie, maar wat wel waar is, is die ander vraag wat elke keer opduik: Waar is die politieke wil? En bowenal, die kundigheid?

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.