Verraad

2018-10-25 06:02


VERRAAD is iets wat diep sny en sy merk op mense en ’n gemeenskap laat. As mense en medemense gedy ons op vertroue. Ons floreer in situasies en kontekste waar ons veilig voel. Wanneer ons vertroue geskend word deurdat mense ons in die steek laat, of ons geskok word deur iemand se optrede, los dit ons met letsels in ons gees en gemoed.

Dink maar aan mense wat deur ’n egskeiding gaan en die impak wat dit op verhoudings het, veral wat dit aan kinders doen. Mense raak skepties en huiwerig om hulself weer aan iets of iemand te verbind.

Deesdae voel mense in die steek gelaat of verraai deur al die politieke en teologiese verwikkelinge van ons dag. Verraad is egter deel van die risiko wat mens moet loop in enige verhouding, anders kan jy nie daartoe kom om jou aan iemand te verbind nie. Wanneer ’n verhouding na ’n episode van verraad herstel word, kan dit selfs lei tot nuwe waardering in die verhouding, soos met Jesus en Sy dissipels gebeur het.

Matteus 26 vers 20-25 vertel van die grootste enkele daad van verraad in die geskiedenis, wat ’n ingrypende impak op die wêreld en kerk gehad het. Dit is natuurlik die verraad wat Judas Iskariot teenoor Jesus gepleeg het.

Hy het Jesus aan Sy vyande uitgewys sodat Hy stilweg met die minste weerstand deur hulle gevange geneem sou kon word. Daar word baie bespiegel oor waarom iemand so iets aan Jesus sou doen, wat die toonbeeld van integriteit en deernis, liefde en omgee was. Johannes 12:6 sê dat Judas ’n dief was en Jesus dus vir geld uitgekoop het. Ander reken dat hy teleurgestel was in Jesus se bediening en hom daarom verraai.

Dit neem niks weg van die feit dat Jesus verraai is deur een van Sy naaste volgelinge nie en dat dit diep seergemaak het nie.

Ons kan maklik vir Judas oordeel. Onthou net dat Judas eintlik elkeen van ons verteenwoordig. “Is dit ek, Here,” is die vraag waarmee ons almal gekonfronteer word. Verraaiers en dubbelhartige mense kan egter genesing vind by die

Een wat vir verraaiers Sy lewe aan die kruis gegee het. Is dit jy?

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.