Versoening

2018-04-26 06:02

VERSOENING is ’n groot woord. In eenvoudige taal beteken dit om op te maak, om uiteenlopende mense of opponerende standpunte by mekaar uit te bring.

Selfdood-bomaanvalle, onderdrukking van menseregte, haatspraak, is maar van die resultate van onversoenlikheid.

Op kleiner skaal sien ons gebroke huwelike, stukkende families, verdeelde gemeenskappe, verhoudings wat versuur het.

Onversoenlikheid is nie altyd so sigbaar nie.

Ons maak of alles reg is, maar ons gebaretaal verraai ons. Intussen dra ons woede en frustrasie in ons harte rond.

Ons vermy die persone met wie ons in onvrede saamleef.

Erger nog ons versprei slegte stories oor hulle. Ja, ons is in ons menseverhoudings meesters om krake in verhoudings toe te smeer.

In Matteus 18:15-20 praat Jesus met Sy volgelinge oor versoening, spesifiek binne die konteks van die Christen gemeenskap.

Volgens onlangse sensusgegewens reken agt en sewentig persent van Suid Afrika se inwoners hulle as Christene.

Christene slaag baie goed daarin, verkeerdelik, om krake in versteurde verhoudings toe te smeer.

Hulle maak of alles reg is, terwyl alles verkeerd is.

Ons mag nie maak asof alles reg is nie.

Nee, Jesus roep Sy volgelinge op om die onversoenlikheid so gou moontlik aan te spreek voordat dit in mense se gesigte ontplof.

Wat is Jesus se resep in Matteus 18 vir versoening?

Hanteer die saak eerstens op ’n persoon tot persoon basis. Dit vra gebed en nederigheid want die ander party mag dalk kom met ’n negatiewe teenreaksie.

As die gesprek slaag, het jy waarskynlik ‘n broer of suster bygekry want soms word die bande tussen mense sterker na hulle ’n saak uitgepraat het.

As dit nie werk nie neem ’n getuie saam om onpartydig te oordeel. As dit nie slaag nie, hanteer dit op gemeentelike vlak.

Dit is dan nodig dat die groter gemeenskap sal saam bid en saam stry vir versoening.

As dit ook nie werk nie, is die laaste uitweg om die onversoenlike persoon eers uit te sluit uit die Christelike kring tot die persoon skaam kry.

Die eerste prys bly egter versoening. Moet nie uitstel nie.

Die prys van onversoenlikheid is te hoog. Met wie of watter gemeenskap moet jy versoen raak?

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.