Vertwyfeling

2016-08-18 06:00

VERTWYFELING is eie aan elke mens. Dit vat moed om te twyfel. Mense is soms geneig om etikette om mense wat twyfel se nekke te hang. Jy word gesien as ‘n onstabiele persoon, of ‘n ongelowige mens, of iets dergeliks. Kom ons wees eerlik. Wie van ons het nog nooit getwyfel nie? Hiermee word nie net geloofsvertwyfeling bedoel nie.

Mens kan twyfel aan die betroubaarheid van ‘n lugredery se vliegtuie, veral na ‘n reeks ongelukke. Jy kan twyfel aan jou eie vermoëns, veral as jy baie negatiewe terugvoer van mense ontvang het.

Daar word self gepraat van twyfel wat aan jou knaag. Die uitdrukking laat mens nogal dink aan ‘n rot wat aan jou vreet.

Dis egter ‘n goeie beskrywing van wat twyfel aan mens se gemoed kan doen. Twyfel is eie aan die mens.

In die Bybel, met name Johannes 20:19-29, word die twyfelaar Thomas aan ons voorgehou. Thomas leef in elkeen van ons. Hy hou rekening met die feite voor hom en is nie iemand wat sommer ‘n rat voor die oë gedraai sal word nie.

Op ‘n keer het Jesus na Sy opstanding uit die dood aan die dissipels verskyn. Thomas was nie by nie. Toe hy hoor van die gebeure, wil hy tasbare bewyse hê, soos om die merke van die spykers in Jesus se hande te sien. Thomas was volkome eerlik.

Hy het nie gemaak of hy glo terwyl dit nie so was nie. Baie mense sê dat hulle God vertrou, terwyl dit nie so is nie.

Die goeie nuus is dat Christus plek in sy dissipelkring het vir twyfelaars. Hy soek hulle op. Hy lei hulle tot verwondering en aanbidding.

Dit is wat Thomas doen as hy uitroep: “My Here en my God.” Sy eerste reaksie was om nie te glo nie. Toe Hy die Here Jesus se teenwoordigheid ervaar het verander alles. Christus lei jou van vertwyfeling na oorgawe.

Hy vat jou hand in Sy hand, en jy ervaar Sy vertroosting. Daar is hoop vir twyfelaars soos Thomas wat wakker lê in die nag. Als is vir God moontlik.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.