Vervlietende tyd

2017-01-12 06:01

WIE van ons onthou nog die gebruik om met die oujaarsdiens om middernag die kerk se ligte af te sit, en dan na te dink oor jou eie lewe en almal wat die afgelope jaar oorlede is?

Dit was ‘n goeie gebruik. Dit het mens herinner aan jou eie sterflikheid en jou gestem tot dankbaarheid. Psalm 90 is die herinneringe van iemand wat op sy lewe terugkyk. Soms is dit goed om bestekopname van jou lewe te neem.

Aan die een kant herinner dit jou aan hoe kosbaar elke oomblik is wat aan ons gegun word. Ons het net vandag. Beplan maar asof jy vir altyd gaan leef, maar leef asof jy vandag gaan sterf. As die Psalmis terugkyk op sy lewe dan onthou hy dat God vir hom en sy medegelowiges, ‘n toevlug was (vers 1).

Mens kan op die Here staatmaak. Hy herinner homself ook aan sy eie sterflikheid (vers 3). Hy herinner homself ook aan sy eie beperkinge en sondes (vers 8-9). Al is hy nie meer vandag se kind nie, bid hy steeds om lewenswysheid.

Liewe vriend. Ons is so pas die nuwe jaar in. Wil jy nie ook ‘n oomblik soos die Psalmis bestek opneem van jou lewe nie? Op wie vertrou jy, en waarop sit jy jou hart? Dit waarop jy jou hart sit, is immers jou god. Besef jy dat jy maar sterflik is, en dat alles wat jy opgebou het oor die jare nagelaat sal word aan ander om te geniet? Net dit wat ewigheidswaarde gehad het, jou liefde vir God en andere, sal standhou.

Dis nie te laat om te bid vir lewenswysheid nie. Moet nie die nuwe jaar verder onnadenkend en slordig binnegaan nie. Die tyd is vervlietend. Dis onmoontlik om die tyd se gang te stop. Jy kan egter tyd wen deur dit reg te benut. Mag elke woord wat in 2017 oor jou lippe gaan vloei, elke lewe wat jy gaan aanraak, mense seën.

Mag jy die goedheid van die Here ondervind in die nuwe jaar. Mag jou enigste troos in lewe en sterwe wees dat jy aan Jesus Christus behoort. God seën jou ingang en uitgang. Geseënde Nuwejaar.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.