Vier Kersfees soos dit gedoen behoort te word

2018-12-27 06:00


Verlede jaar, ook in die laaste week voor Kersfees, het die uwe ‘n rubriek van ‘n bekende Johannesburgse Joodse joernalis en uitsaaier hier weergegee. Daarin het Howard Joffe verklaar hoewel hy ‘n Jood is, het hy ‘n spesiale gevoel vir Kersfees, en ‘n beroep op Christene gedoen om hul dag ‘terug te neem’ en dit behoorlik te herdenk. Vanjaar het Joffe weer oor dieselfde onderwerp ‘n rubriek vir News 24 geskryf, verwys na verlede jaar s’n, en effens uit ‘n ander hoek weer na die saak gekyk. Die volgende is ‘n vertaling van vanjaar se rubriek:

“Ek was gister in Sandton in ‘n tou mense in Woolworths toe ek die volgende gesprek hoor: ‘Kian, hou nou op, anders roep ek vir Vader Kersfees.’ ‘Neee…….’ Het Kian geskree, wat so vier jaar oud gelyk het. ‘Wel,’ het die ma geantwoord, ‘hou op rondhardloop, andersins het en geen ander keuse nie’. ‘n Baie ongelukkige Kian het in die tou kom staan. Jy kon amper sien hoe hy die jare aftel voordat hy na ‘n kosskool in KZN se middellande kan vertrek.

Ek het omgedraai en na die ma gekyk. ‘n Blondine met ‘n mooi vel, geklee in ‘n khaki-langbroek, wit hempie met ‘n pastel-pienk trui om haar skouers, asof sy skielik besluit het om dit van haar Range Rover se sitplek af op te tel. Sy was ?f ‘n besoeker uit Illovo ?f Brittanje. Sy het nog nooit in haar lewe ‘n gewigprobleem gehad nie. As dit nie 15h00 op’n Dinsdag in Sandton City was nie, het sy dalk ‘n pienk jenever en tonikum in haar een hand gehad. Dit was dalk die probleem. Indien sy wel die drankie gehad het, was sy dalk baie aangenamer.

Ek is ‘n Jood, maar het groot respek vir ander gelowe. Ek voel baie sterk daaroor dat Christene hul Kersfees terugneem uit ‘n politiek-korrekte w?reld waarin hulle apologeties is oor Kersfees en hul geloof. Dis jammer dat ons in ‘n w?reld leef van ‘Season’s Greetings’ of ‘Compliments of the Season,’ want Christene voel bang andersdenkendes sal aanstoot neem indien hulle ‘uitgesluit’ voel. Verlede jaar het ek ‘n rubriek gerskryf waarin ek voorgestel het dat Christene Kersfees ‘terugneem’. Ek het aangedui dat die Christengeloof die mees-vervolgde geloof op aarde is, en dat dit moet verander. Die verandering moet begin deur trotse Christene wat hul feeste vier. Waarom begin hulle nie met Kersfees nie? Los die ‘seisoenswense’ en begin met ‘Geseënde Kersfees!’

Ek het lesers verseker my kinders sal nie uitgesluit voel bloot omdat hulle Joods is nie. Hulle sal nie gemarginaliseerd voel nie. Dit sal inderwaarheid ‘n wonderlike les vir hulle wees dat alles nie net oor hulle gaan nie, maar dat ‘n mens gelukkig kan wees vir andere. Daar was gemengde reaksie op verlede jaar se artikel. Sommige mense is bemoedig deur wat ek geskryf het, ander nie. Van hulle het in-diepte besprekings begin oor die korrektheid en legitimiteit van die Kersvakansie. Die feit dat Kersfees se wortels ‘n heidense oorsprong kon gehad het, het sommiges gepla, en talle was kwaad oor die kommersialisering van Kersfees. Van hulle het gou uitgewys dat Vader Kersfees ‘n bemarkingsimbool van Coca Cola is, en dat Kersbome hul oorsprong in Egipte het voordat die Duitsers hulle ‘aangeneem’ en binneshuis gebring het as ‘n herinnering dat daar immergroen bome is en dat die lewe voortgaan.

Ek kon dit nie glo nie. ‘Waarvan praat julle!’, wou ek skree. Dit is tog sekerlik ‘n geloofsfees? Dit handel mos oor die herbevestiging van dit waaroor die geloof gaan, en nie die besonderhede of historiese akkuraatheid nie? Dis tog sekerlik oor gesinne en familielede wat bymekaar kom in ‘n atmosfeer van warmte, liefde, lekker voedsel en al daardie goeie dinge? Dit handel mos ook oor

irriterende ouers, kinders, neefs en niggies wat jy eintlik nie wil sien nie, maar wanneer dit wel gebeur, het julle ‘n baie aangename tyd saam? Waarom, in Hemelsnaam, moet ‘n debat oor Kersfees in ‘n staat van koue intellektualisme gevoer word? Ek was aanvanklik kwaad vir Kian se ma, omdat ek gemeen het sy gebruik Vader Kersfees vir al die verkeerde redes. Toe ek daarna weer daaroor gedink het, het ek besef dis die omgekeerde. Vader Kersfees en Kersfees is ‘n belangrike deel van hul lewens en haar dreigement het dit bevestig. Dis nogal ‘koel’. Ek hoop my maatjie Kian kry ook alles waarop hy gehoop het.

Geseënde Kersfees!

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 

Enter the examination number or search by province or school (NSC Students) to view results.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.