Vis en Musiek-karnaval ‘n reuse sukses

2018-07-12 06:01
Die plaaslike groep The Gentry se stemharmonie en treffers van die verlede was onverbeterlik.

Die plaaslike groep The Gentry se stemharmonie en treffers van die verlede was onverbeterlik.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Hibiscus Coast Business Forum, ‘n plaaslike sakekamer, geaffilieer by die nasionale liggaam Small Business Institute, het sy tweede jaarlikse Rocky Ridge Fish and Music Carnival op Saterdag, 23 Junie, by die nuut-opgegradeerde en verbeterde Rocky Ridge terrein in Fascadalestraat, Ramsgate, aangebied.

Tydens ‘n indrukwekkende program waarin plaaslike sangers van gehalte opgetree het, het die meer as 700 musiekliefhebbers hulself verlustig in nie alleenlik lewendige musiek nie, maar ook ‘n spyskaart van smullekker seekosse.

Daar was ook baie stalletjies wat kuns, krale en ‘n verskeidenheid artikels te koop aangebied het, en die skare was verder vermaak met vele gelukstrekkings.

Top Elvis nabootser Carl V/ Elvis, het die atmosfeer geskep met nie alleen sy suiwer stem nie, maar ook sy perfekte Elvis-voorkoms en -bewegings.

Uit Johannesburg, het die vyfstuk-groep “Bite”, bekend vir vir die outentieke gevoel van nostalgie nie teleurgestel nie met kwaliteitmusiek van die goue era.

Die Durban-groep, Freddy L, was verantwoordelik vir ‘indie’, soul and pop rock musiek.

Plaaslike groep, The Gentry, het weereens groot plesier vereskaf met hulle unieke repertoire, fantastiese stemharmonieë en interpretasies van die musiek van The Beatles, Johnny Cash, Pink Floyd, Radiohead en ander.

Die ander plaaslike sensasie, Tascha, het die skare teruggevoer in tyd met ‘n tydlose, ouderwetse tydvak van Swing en Boogie, met haar unieke styl van electro-swing, jazz, pop en moderne ‘ragtime’. Haar Caro Emerald liedjies was uitstaande. ‘n Saterdag wat almal terdeë geniet het.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.